Leesplan inligting

Ses Stappe Tot Suksesvolle LeierskapVoorbeeld

Six Steps To Your Best Leadership

DAG 2 VAN 7

Die Moed om Op Te Hou


As daar iemand was wat met Godgegewe, verbasende moontlikhede van leierskap gebore is, was dit Simson; tog het sy lewe heeltemal uitmekaar geval, omdat hy nie die moed gehad het om op te hou nie.


Dit het reeds in Rigters 16:1 begin: Simson is op 'n keer na Gasa toe. Daar het hy 'n prostituut gesien en by haar huis ingegaan.



Gasa is 40 kilometers van Simson se tuisdorp, Sora af. Gasa was die Filistyne se hoofkwartiere, waar Simson hulle belangrikste aartsvyand was. Tydens Simson se leeftyd was daar natuurlik geen Uber nie. Simson moes dus 40 kilometers deur vyandelike gebied loop om 'n prostituut te besoek. 



Dit was 56 250 treë. Simson het nie sy lewe op een slag geruïneer nie. Hy het 56 250 treë in die verkeerde rigting geneem. 



Dit is nie anders vir ons spanne, ons organisasies, ons loopbane, ons gesondheid, en ons gesinne nie. Ons begin nooit om ons ondergang op een slag te bewerkstellig nie. Wat gewoonlik gebeur, is een swak besluit, een verkeerde tree en een slegte gewoonte, een dag op 'n slag. 



Wat het ons egter nodig? Die moed om op te hou. Om nee te sê. Om minder te doen. Om dit te weerstaan om een tree in die verkeerde rigting te neem. Wat is dit waarmee jy moet ophou? 



Dit gaan nie net daaroor om op te hou met wat ooglopend verkeerd is nie. Is jy 'n bestuurder? Dalk is daar 'n minder belangrike vergadering wat jy kan stopsit. As jy goeie bronne vir minder goeie projekte gebruik, sal jou wins nie wat wonders wees nie. Met watter projekte moet jy dus ophou? Met watter belangrike take kan jy ophou sodat jy as leier kan groei? Om as leier meer te bereik, moet jy dalk minder doen. 



Dalk gaan dit glad nie oor werk nie. Miskien is jy soos Simson wat een, twee of dalk 2 000 treë in die verkeerde rigting in 'n verhouding gegee het, of 'n gewoonte, of met jou gesondheid. Dieselfde is waar — dit is nie te laat om die moed aan die dag te lê om op te hou nie. 



Dink hieroor na: Met inagneming van wie ek wil word, waarvoor het ek die moed nodig om op te hou? Wat gee aanleiding tot die verkeerde resultate? Watter gemoedstoestande of plekke is geneig om my in die moeilikheid te bring? Wie kan my help om op te hou?



Boekmerk ons gids oor hoe om gewoontes te kweek en te breek.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Six Steps To Your Best Leadership

Is jy gereed om as leier te groei? Craig Groeschel verduidelik ses Bybelse stappe wat enigeen kan neem om 'n beter leier te word. Ontdek 'n dissipline om mee te begin, die moed om op te hou wanneer nodig, om iemand te be...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus https://www.craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid