Leesplan inligting

Die Harder Lied: Luister vir Hoop te Midde van jou Pyn, Angs, Smart, Twyfel en KlagtesVoorbeeld

The Louder Song: Listening for Hope in the Midst of Pain, Anxiety, Grief, Doubt, and Lament

DAG 7 VAN 7

Die hele boek, Psalms, is 'n pragtige versameling van gedigte en liedere, wat 'n diepe teologie uitdruk. Die Psalm wat ons vandag lees is deur koning Dawid geskryf en herinner ons, alhoewel dit mag voel of God nie teenwoordig is nie, is God weliswaar naby. 


Soos die meeste ander Psalms, is dit 'n lied en soos die meeste hedendaagse liedjies, spreek dit van diepe emosies. Watter emosies ervaar jy as jy hierdie Psalm lees? In watter omstandigheid bevind Dawid hom? Bevind jy jouself in 'n soortgelyke "put?"


Terwyl Dawid in sy put was, was daar slegs een ding wat hy moes doen — om geduldig op die Here te wag — God het die res gedoen. 


In die tweede Skrifgedeelte lees ons dat Dawid en Jona beide vasgevang was in pyn en in die moeilikheid. Hulle het egter voortgegaan om hul redding by God te soek. Dit maak nie saak hoe lank dit neem nie, beide mans het geweet dat God hulle uiteindelik sal ontmoet. 


Soms voel dit asof God bitter lank neem. Moet egter nie moed opgee nie, my vriend. Wag geduldig op die Here. Hy sal opdaag en jou voete weer op vaste grond plaas. 


Gedurende my eie tydperk van lyding (lees daaroor in dag een), het God my nooit met 'n perfekte oplossing of voorstel geantwoord nie, maar terwyl ek geduldig vir die Here gewag het, het Hy op kragtige maniere opgedaag. 


Ek twyfel geensins daarin dat God in ons donkerste uur by ons is nie. Hy is inderdaad ons Redder. Moenie moed opgee nie, my vriend. Stort jou hart vandag teenoor Hom uit. 


Bowenal, onthou die volgende — ons hoop in tye van swaarkry, is nooit "kyk na die silwer randjie" nie. 


Vir 'n Christen gaan hoop altyd oor Jesus, die fokus van ons hoop. Hy is op die troon, in beheer en bring vernuwing aan almal wat sy Naam aanroep. Hy sien waardeur jy gaan en sal sy liefde aan jou op nuwe, wonderlike maniere, openbaar. Wag maar net. 


Om aan te hou en dieper te delf oor klaagliedere en genesing van droefheid, pyn en lyding, lees hoofstuk een van The Louder Song by die volgende skakel:  https:bit.ly/2KKQsdw.



 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Louder Song: Listening for Hope in the Midst of Pain, Anxiety, Grief, Doubt, and Lament

Indien jy vermoeid is — emosioneel, fisiek, verhoudingsgewys of geestelik — of 'n pad stap saam met iemand wat is, sal hierdie 7-dag leesplan balsem vir jou moeë siel wees. Jy gaan die krag van God se teenwoordigheid in ...

More

We would like to thank NavPress for providing this plan. For more information, please visit: http://bit.ly/2tQRR6r

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid