Leesplan inligting

Die Harder Lied: Luister vir Hoop te Midde van jou Pyn, Angs, Smart, Twyfel en KlagtesVoorbeeld

The Louder Song: Listening for Hope in the Midst of Pain, Anxiety, Grief, Doubt, and Lament

DAG 3 VAN 7

Moses was 'n man wat gepynig was met emosionele, asook fisieke, pyn. Hy was verskeur tussen sy twee identiteite — aan die een kant sy innige familiebande met die Israelitiese slawe en daarteenoor sy diep emosionele verbinding met die, inderdaad bose, Egiptiese farao wat hom aangeneem het. 


Dit het alles verander op die dag wat Moses God in die brandende bos ontmoet het. 


Dit is moeilik om jou in te dink hoe dit moes voel om God op so 'n bonatuurlike en wonderbaarlike manier te ontmoet. Ons weet egter dat dit kragtig moes gewees het. 


Moses het van sy huis af weggeloop nadat hy 'n mede-Egiptenaar vermoor het, dus was hy letterlike en figuurlik in 'n wildernis — ver weg van sy eie mense. Net daar, te midde van sy eie geestelike en fisiese woestyn, daag God op. 


Wanneer jy vandag se Skrifgedeelte in Exodus lees, kyk hoeveel keer word daar na "sien" of "sig" verwys. Kyk dan verder na hoeveel van die ander sintuie daar verwys word. In hierdie oomblik tussen God en Moses, leer ons dat God sien, hoor en opdaag wanneer ons Hom die nodigste het. Hier is net 'n paar aspekte wat ons uit hierdie oomblik leer: 


  • God besit die heerskappy en majesteit oor alle aardse dinge — nie alleenlik oor die brandende bos nie, maar oor die hele skepping, oor wanorde, en selfs ons fisieke liggame. 
  • God se heerlikheid is soos 'n vuur wat ons suiwer en troos met sy warmte. Ons kan sy heerlikheid ervaar, selfs in ons pyn. 
  • In die vergelyking van die brandende bos — weet ons alhoewel ons net soos die bos swaarkry, sal ons nie verteer word nie. 
  • Ons het God wat ons sien, wat luister en met ons praat, 'n God wat na ons afkom en opdaag. 

Wanneer jy vandag se Skrifgedeelte lees, onthou dan, alhoewel die beproewing onuithoudbaar voel, is God se vaandel van liefde oor jou. Hy daag op in jou wildernis, met 'n uitnodiging na sy etenstafel. Hy sien jou. Hy hoor jou. Hy is naby. 



Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Louder Song: Listening for Hope in the Midst of Pain, Anxiety, Grief, Doubt, and Lament

Indien jy vermoeid is — emosioneel, fisiek, verhoudingsgewys of geestelik — of 'n pad stap saam met iemand wat is, sal hierdie 7-dag leesplan balsem vir jou moeë siel wees. Jy gaan die krag van God se teenwoordigheid in ...

More

We would like to thank NavPress for providing this plan. For more information, please visit: http://bit.ly/2tQRR6r

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid