Leesplan inligting

Die Harder Lied: Luister vir Hoop te Midde van jou Pyn, Angs, Smart, Twyfel en KlagtesVoorbeeld

The Louder Song: Listening for Hope in the Midst of Pain, Anxiety, Grief, Doubt, and Lament

DAG 1 VAN 7

Gedurende 2015, het ek en my man, Kevin, een van die moeilikste tydperke in ons lewens binnegegaan. Ek is met 'n chroniese outo-immuunsiekte gediagnoseer. Ons het 'n geliefde familielid aan die dood afgestaan en ons jongste seun het deur sekere ontwikkelingskwessies gegaan. 


Ek sou graag vir jou wou vertel dat ek bo alles uitgestyg het, dit met meer-as-oorwinning oorkom het. Om egter eerlik te wees, my geloof in God het gewankel. My normale geestelike roetines het nie meer gehelp om my te laat voel dat ek werklik met Jesus kontak maak nie. My knaende vrae aangaande swaarkry en God se goedheid het net te veel vir my geword om te hanteer. 


Alhoewel ek al vir 30 jaar 'n Christen was, het ek vir die eerste keer op my pad met God begin wonder of ek teen die plafon vas bid. Uiteindelik het God nie meer in die boksie gepas waarin ek Hom wou plaas nie en ek het geen idee gehad wat om te doen nie. Wat ek toe nie besef het nie, was dat God van plan was om die boksie wyd oop te blaas en Hom al meer aan my te openbaar. 


Te midde van hierdie bitter moeilike tydperk, het God my sagkens na Hom toe teruggelei en na sy bonatuurlike vertroosting.


In vandag se Skrifgedeelte skryf die apostel Paulus oor 'n tyd in sy lewe toe hy deur sy probleme oorweldig gevoel het. Paulus was so verpletter dat hy gedink het hy gaan dood. Deur sy pyn, herinner hy ons dat ons die groot Trooster het — die Een wat ons vertroos op die oomblik wat ons Hom die nodigste het. 


Paulus maak drie betekenisvolle stellings: 


1) God is die bron van alle vertroosting. Dit mag dalk voor die hand liggend wees, maar ons lewens getuig nie altyd daarvan nie. Ons hardloop na so baie ander dinge en mense wanneer ons vertroosting soek. Hoe sal dit wees as ons ophou om by allerhande ander goed hulp te soek en eerder uitroep om God se vertroosting? 


2) Ons hoef nie in vrees te lewe in 'n tydperk van foltering nie. 


Moeilike tydperke is eintlik pragtige uitnodigings na 'n dieper intimiteit met God. Paulus verkondig inderwaarheid, hoe meer ons vir Christus ly, hoe meer sal God deur Christus ons met sy vertroosting toedek. Wat 'n aangrypende gedagte!


3) Ons is geroepe om dieselfde vertroosting wat ons ontvang het, ook aan ander te bring.  


God vertroos ons met 'n doel — Hy vertroos ons eintlik sodat ons ander kan vertroos — ter wille van hulle redding (vers 6). Vir wie wil God vandag hê moet jy vertroosting bring?


Neem die vrymoedigheid om my webtuiste te besoek vir meer hulpbronne, video's en soortgelyke oordenkings www.aubreysampson.com.  



Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Louder Song: Listening for Hope in the Midst of Pain, Anxiety, Grief, Doubt, and Lament

Indien jy vermoeid is — emosioneel, fisiek, verhoudingsgewys of geestelik — of 'n pad stap saam met iemand wat is, sal hierdie 7-dag leesplan balsem vir jou moeë siel wees. Jy gaan die krag van God se teenwoordigheid in ...

More

We would like to thank NavPress for providing this plan. For more information, please visit: http://bit.ly/2tQRR6r

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid