Leesplan inligting

Die Harder Lied: Luister vir Hoop te Midde van jou Pyn, Angs, Smart, Twyfel en KlagtesVoorbeeld

The Louder Song: Listening for Hope in the Midst of Pain, Anxiety, Grief, Doubt, and Lament

DAG 5 VAN 7

Vir enigiemand wat deur 'n tydperk van lyding gaan, veral as dit voel of dit nimmereindigend is, is dit 'n onvermybare deel van die rouproses om te wonder oor die wat-as, die as-ek-maar, of die wat-kon-gewees-het.


Dit is soms nodig dat ons tyd maak om te rou oor ons veranderende toekoms, voordat ons vorentoe en deur ons pyn kan beweeg. Met ander woorde, ons het die behoefte daaraan om te treur (huil by God) oor wat-kon-gewees-het. Dit is heeltemal te verstane, selfs gesond, om te rou oor pyn van die verlede en 'n toekoms wat nooit weer dieselfde gaan wees nie. Ons wat-kon-gewees-het is 'n werklike verlies. 


Dit is goed om ons wat-kon-gewees-het vrae teenoor God te uiter — nie sodat ons in die verlede vasgevang word of daaroor struikel nie — maar as 'n manier om die verlede totaal aan Hom oor te gee en 'n nuwe lewe te begin waar ons volkome in die nuwe realiteit voor ons leef. 


Dink aan Hagar en klein Ismael se lyding in vandag se Skrifgedeelte in Genesis 21. Ons kry hier 'n kykie na 'n "wat-kon-gewees-het" treurlied. Weens Sara se jaloesie, is Hagar en haar seun na die woestyn verban. Toe hulle water op is, het Hagar haar kleinding onder die bosse neergesit en gesnik: "ek wil nie sien as die kind doodgaan nie" (vers 16). 


In Hagar se klaaglied, sien ons die pyn van 'n ma wat haar seun sien swaarkry. Dit is nie die lewe wat die kind veronderstel was om te hê nie. Hy moes in die huis van sy vader, Abraham, grootgeword het. Hy moes versorg gewees het. Hy moes 'n huis, kos, water en 'n gesin gehad het. Hy moes definitief nie in die woestyn doodgaan nie.


Gelukkig hoor God die versugtinge van 'n ma en seun en Hy tree in om deur middel van 'n put in die woestyn aan hulle water te voorsien. Toe Hagar haar toekoms, soos wat sy gedink het dit sal wees, vaarwel toegeroep het, het God ingetree en Ismael op 'n totaal ander pad geneem. 


Uit hierdie en soortgelyke Skrifgedeeltes, is dit duidelik dat God nie 'n onbetrokke luisteraar is nie. Wanneer ons na Hom roep, wanneer ons die wat-as aan Hom gee, hoor Hy. God is 'n betrokke Trooster, wat na ons wat-as wil luister. 


Gee dus jou wat-kon-gewees-het vandag aan God. 


Dit mag ook wees dat hierdie treurliedere help om jou oë oop te maak om God se waterstroom in jou woestyn raak te sien. 


Mag jy midde-in jou pyn Hom vandag leer ken as El Roi, die God wat jou sien.



Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Louder Song: Listening for Hope in the Midst of Pain, Anxiety, Grief, Doubt, and Lament

Indien jy vermoeid is — emosioneel, fisiek, verhoudingsgewys of geestelik — of 'n pad stap saam met iemand wat is, sal hierdie 7-dag leesplan balsem vir jou moeë siel wees. Jy gaan die krag van God se teenwoordigheid in ...

More

We would like to thank NavPress for providing this plan. For more information, please visit: http://bit.ly/2tQRR6r

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid