Leesplan inligting

Die Harder Lied: Luister vir Hoop te Midde van jou Pyn, Angs, Smart, Twyfel en KlagtesVoorbeeld

The Louder Song: Listening for Hope in the Midst of Pain, Anxiety, Grief, Doubt, and Lament

DAG 6 VAN 7

Ek en my man het op 'n dag ons drie seuns na 'n pretpark geneem. Vir 'n paar oomblikke het een van ons seuns van ons af weggedwaal. Nadat ons op ons spore teruggegaan het om hom te soek, het ons die arme, liefste kind in die middel van 'n paadjie gekry, snikkend, bang en bevrees dat sy mamma en pappa hom nie gaan kom haal nie. 


Ons het so vinnig as wat ons kon, na hom gehardloop, hom in ons arms opgetel en woorde van liefde en troos in sy ore gefluister. Ons het hom nog nooit weer verloor nie. 


Baie van ons het al soos my seun gevoel — ons staan alleen op ons eie paadjie, angstig, bang en verlate, ons wonder wanneer God ooit gaan intree en ons in sy arms optel. 


In vandag se Skrifgedeelte kyk ons weer na Moses se lewe, aangesien dit belangrik is dat ons sien hoe God Homself die eerste keer aan Moses bekendgestel het.  


God sê: "Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob.


Dink net daaraan: Die meeste gode in die antieke wêreld was geïdentifiseer as gode van die elemente of emosies (die god van die son, die godin van liefde, ens.) Die God van die Bybel staan egter soos 'n paal bo water uit. Alhoewel Hy sekerlik die God van die skepping en die God van liefde is, stel Hy die eerste keer Homself aan Moses voor as die God van sy volk (nog selfs voordat Hy na Homself as EK IS verwys het). 


Dit is die naam waarop Hy deur geslagte heen onthou sal word — die God van Abraham, God van Isak, God van Jakob, die God van Moses. 


Met ander woorde, God het aan Moses gesê — en ook aan jou — seun, dogter, Ek is joune. 


God is van plan om Moses op te roep om 'n paar werklik moeilike dinge te doen — staan op teen werklike boosheid, red sy mense. God neem egter eers die tyd om Moses te herinner aan wie Hy is; om hom daaraan te herinner dat hy nie alleen is nie.


Wanneer God ons in ons swaarkry roep om moeilike dinge te doen, kan ons vas staan in die wete dat ons nie alleen is nie. Deur Jesus, is ons aangeneem in God se familie. Daarom het ons toegang tot die Gees van God, God se intimiteit, God se teenwoordigheid en God se krag. 


God, die volmaakte ouer, reik dus na jou uit in jou pyn, tel jou in sy arms op en stort sy liefde oor jou uit. Mag jy vandag sy volmaakte liefde ervaar. 



Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Louder Song: Listening for Hope in the Midst of Pain, Anxiety, Grief, Doubt, and Lament

Indien jy vermoeid is — emosioneel, fisiek, verhoudingsgewys of geestelik — of 'n pad stap saam met iemand wat is, sal hierdie 7-dag leesplan balsem vir jou moeë siel wees. Jy gaan die krag van God se teenwoordigheid in ...

More

We would like to thank NavPress for providing this plan. For more information, please visit: http://bit.ly/2tQRR6r

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid