Leesplan inligting

Paulus se Gevangenisbriewe: Paulus en die FilippenseVoorbeeld

Paul's Prison Epistles: Paul And The Philippians

DAG 1 VAN 14

Filippi: Handelinge 16:12-40


Filippi was 'n belangrike stad in die Romeinse provinsie Masedonië, 'n gebied wat nou in moderne Griekeland lê. Dit het langs die Via Egnatia gelê, die hoofweg wat die stad Rome met die oostelike provinsies van sy ryk verbind. Dit het 'n spesiale status by Rome gehad sodat dit dieselfde regte as 'n Romeinse kolonie in Italië gehad het, en wat selfs sy burgers van Romeinse burgerskap voorsien het.


Paulus het die kerk in Filippi tydens sy tweede sendingreis êrens in die jaar 49 of 50 n.C. gevestig. Voordat hy Filippi bereik het, het hy in Asië gedien. Toe kry hy 'n visioen van 'n man wat hom smeek om die evangelie na Masedonië te bring. In reaksie op hierdie visioen het Paulus na Masedonië gevaar, in Neapolis geland, en vinnig binneland toe beweeg na die stad Filippi ongeveer 16 km noordwes van Neapolis.


Baie van Paulus se bedrywighede in Filippi is in Handelinge 16:12-40 opgeteken. Dit was byvoorbeeld in Filippi waar Paulus die eerste persoon in Europa tot bekering gelei het, die purperverkoopster Lydia. Dit was ook in Filippi wat hy tronk toe gestuur is vir 'n gees wat hy uit 'n slavin gedryf het. Dit is ook waar die bekende Filippense tronkbewaarder tot geloof in Christus gekom het omdat hy so ontroer was deur Paulus se medelye met hom.


Paulus se bediening in Filippi was so suksesvol dat selfs toe hy die stad verlaat het, het die Filippense Christene Paulus ondersteun deur geldelike geskenke aan hom te stuur by verskeie geleenthede toe hy in finansiële nood was. Dink na oor Filippense 4:15-16, waar Paulus van hulle vrygewigheid geskryf het:


"Julle in Filippi weet ook dat in die begin van my evangelieprediking, na my vertrek uit Masedonië, geen enkele gemeente behalwe julle 'n aandeel gehad het aan my rekening van inkomste en uitgawe nie. Ook toe ek in Tessalonika was, het julle meer as een maal iets vir my behoeftes gestuur" (Filippense 4:15-16).

Die gemeente in Filippi het Paulus liefgehad, en hulle het hom gereeld met finansiële geskenke gehelp. Volgens Filippense 4:10,18 het die hulle ook vir Paulus ’n geskenk gestuur toe hy sy brief aan hulle geskryf het. Dink na oor Paulus se woorde aan hulle:


"Ek was baie bly in die Here dat julle na so 'n lang tyd weer gewys het dat julle nog aan my dink. Nie dat julle my ooit vergeet het nie, julle het net nie die kans gehad om iets te doen nie ... Noudat ek van Epafroditos ontvang het wat julle gestuur het, het ek alles wat ek nodig het" (Filippense 4:10, 18).

Al was daar sommige Filippense gelowiges wat blykbaar oor finansiële sekuriteit beskik het, was die kerk as geheel buitengewoon arm, dus kon hulle Paulus nie altyd finansieel help nie. Wanneer hulle egter die geleentheid gehad het, het hulle mildelik vir hom gegee.


Net soos die Filippense vir Paulus liefgehad het, het hy ook 'n sterk toegeneentheid vir hulle gevoel. Hy het hulle liefgehad vir hul toewyding aan die Here, en vir die manier waarop hulle sy vennote in die evangeliebediening was. Hulle was sy hegte vriende, mense wie se samesyn hy geniet het en wie se teenwoordigheid hy gemis het. 


Klik hier om te  kyk na "Paul's Prison Epistles: Paul and the Philippians", les vyf in die reeks "Paul's Prison Epistles". thirdmill.org 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Paul's Prison Epistles: Paul And The Philippians

Hierdie leesplan ondersoek Paulus se brief van hoop en bemoediging vir die tye van vervolging en benoudheid wat hy en die Filippense in die gesig gestaar het.

Ons bedank graag Third Millennium Ministries vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://thirdmill.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid