Leesplan inligting

Paulus se Gevangenisbriewe: Paulus en die FilippenseVoorbeeld

Paul's Prison Epistles: Paul And The Philippians

DAG 8 VAN 14

Belangrikheid van Volharding: Filippense 1:27-2:18



In Filippense 1:27-29 het Paulus die Filippense se stryd met swaarkry erken en hulle bemoedig met hierdie woorde:



"Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees. As ek dan kom, sal ek self sien, of as ek nie kan kom nie, sal ek deur berigte hoor dat julle in volkome eensgesindheid standvastig saamstry vir die geloof in die evangelie en julle in geen opsig deur die teenstanders laat afskrik nie. Dit is vir hulle 'n teken van húlle ondergang en van júlle redding, en dit kom van God. God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly" (Filippense 1:27-29).

Die Filippense se lyding was ontstellend en pynlik. Hulle was egter nie buite God se beheer nie. Inteendeel, God self het hulle lyding beplan as 'n manier om hulle te seën. Daarom was dit noodsaaklik dat hulle deur hierdie moeilike tye volhard het, beide deur hul geloof te behou en deur regverdig te lewe.



Jesus se lydenswerk sal nie voltooi wees voordat Hy terugkom nie. Intussen voltooi Hy sy bestemde lyding deur die kerk. Omdat gelowiges met Christus eensgesind is, ly Jesus wanneer ons ly. Vanuit Paulus se perspektief was dit nie net 'n manier om Christus se bestemde lyding te voltooi nie, dit was ook 'n eerbewys.



Soos ons in Filippense 1:27-29 gelees het, het God nie net die Filippense “toegelaat” om te ly nie – Hy het "toegestaan" dat hulle ly. Paulus het hierdie idee uiteengesit in Filippense 2:5-9, waar hy die volgende woorde geskryf het:



"Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was … maar Hy het Homself verneder ... Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is" (Filippense 2:5-9).

Jesus het gewillig lyding en mishandeling verduur om die kerk te bevoordeel, en sy beloning vir hierdie opoffering was oneindig groot. Net so moet gelowiges nederig lyding en mishandeling verduur om sodoende die kerk te bevoordeel. Wanneer ons dit doen, sal ons beloning ook groot wees. Dit was hoekom Paulus hierdie woorde in Filippense 2:17-18 kon skryf:



"... Selfs al word my bloed daarby as drankoffer uitgegiet, is ek daaroor bly ... Om dieselfde rede moet julle ook bly wees, ja, saam met my bly wees" (Filippense 2:17-18).

Paulus wou nie net hê dat die Filippense hulle bestemde lyding moes verduur nie, maar hulle te midde daarvan moes verheug oor die seëninge wat dit voortbring. Boonop wou hy hê dat hulle hulself moes verheug in die seëninge wat uit sy eie lyding sou voortspruit, net soos hy hom verheug het in die seëninge wat uit hulle lyding ontstaan het.



Paulus het gelowiges aangemoedig om op die belonings van lyding te fokus sodat hulle die krag en moed sal hê om in geloof en 'n heilige lewe te volhard, selfs onder groot druk. As hulle nie volhard het nie, sou hulle immers nie die seëninge kry wat lyding kon voortbring nie.  


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Paul's Prison Epistles: Paul And The Philippians

Hierdie leesplan ondersoek Paulus se brief van hoop en bemoediging vir die tye van vervolging en benoudheid wat hy en die Filippense in die gesig gestaar het.

Ons bedank graag Third Millennium Ministries vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://thirdmill.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid