Leesplan inligting

Paulus se Gevangenisbriewe: Paulus en die FilippenseVoorbeeld

Paul's Prison Epistles: Paul And The Philippians

DAG 6 VAN 14

Danksegging en Gebed: Filippense 1:3-11



Die eerste gedeelte van Paulus se danksegging in Filippense 1:3-6, bied 'n redelik gewone verklaring van dank aan, wat die vreugde verwoord wat die Filippense aan Paulus gebring het en van sy verwagtinge vir hulle uiteindelike redding.



Filippense 1:7-8 is nogal uniek in Paulus se danksegging, wat die diepte van sy liefde vir die Filippense beklemtoon. Dink na oor sy woorde:



Dit is ook heeltemal reg dat ek so oor julle almal dink, omdat julle my na aan die hart lê ... God is my getuie, Hy weet hoe ek na julle almal verlang met liefde van Christus Jesus in my hart (Filippense 1:7-8).

Hierdie verse dui aan dat Paulus se verhouding met die Filippense diep persoonlik en opreg was.



Na sy danksegging het Paulus 'n gebed vir die Filippense gedoen in Filippense 1:9-11. Hierdie gebed is redelik kort, maar dit is propvol stellings wat die beklemtonings van die hele brief weerspieël.  



Paulus het hoofsaaklik gebid dat die Filippense hulle Christelike liefde sal uitdruk deur op maniere te lewe wat God eer. Eerstens het hy gebid dat hulle die nodige onderskeidingsvermoë sou hê om korrekte beslissings te maak. Tweedens het hy gebid dat hierdie onderskeidingsvermoë hulle sou lei om goeie werke te verrig en om in geloof en prakties te volhard tot Christus se wederkoms. Ten slotte het hy gebid dat die Filippense eer en lof aan God sal bring deur hulle goeie werke en volharding.



Na sy gebed het Paulus na die hoofgedeelte van sy brief aan die Filippense beweeg, wat in Filippense 1:12–4:20 gevind word. Hierdie afdeling is op verskeie maniere deur verskillende geleerdes uiteengesit. Ons uiteensetting sal hoofsaaklik die logiese vloei van Paulus se aanmoediging en opdragte aan die Filippense kerk volg. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Paul's Prison Epistles: Paul And The Philippians

Hierdie leesplan ondersoek Paulus se brief van hoop en bemoediging vir die tye van vervolging en benoudheid wat hy en die Filippense in die gesig gestaar het.

Ons bedank graag Third Millennium Ministries vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://thirdmill.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid