Leesplan inligting

Aktiewe GeloofVoorbeeld

Active Faith

DAG 5 VAN 6

Hardloop sonder om moeg te word.
 


Een van die maniere hoe ons kan bepaal hoe fiks ons is, is deur te hardloop. Ironies genoeg, word in die Bybel verskeie kere na hardloop verwys as beeldspraak vir ons lewens.


Enige maratonatleet sal jou kan vertel van sy liefde-haat-verhouding met draf. Dit maak nie saak hoe fiks jy is nie, iewers terwyl jy draf, kom jy by die punt dat jy wil ophou. Dit is dan wanneer jy jouself moet oortuig om aan te hou en nie te stop nie. Of dit is as gevolg van 'n styfheid in jou bors, dat jy kortasem is, of jou bene wat lam word, daar is altyd 'n rede om op te hou. 


In die maraton van ons lewens kry ons baie keer te doen met die behoefte om op te hou. Verhoudings, ons loopbane, die najaag van ons drome en doelwitte, alles kan maak dat ons wil ophou. Die uitdagings van die lewe kan daartoe lei dat jy voel jy hardloop die hele tyd opdraand sonder 'n einde in sig. Lewensmoegheid tree in van al die afdraaipaadjies wat ons volg of die lewe se swaarkry en slaggate van pyn waarin ons gedurende ons maraton trap. Hoe kom ons dus hierdeur? Hoe bereik ons dus die wedloop se eindstreep?


 


1. Hardloop jou eie wedloop! Hebreërs 12:1-2


Moenie jou wedloop met iemand anders s'n vergelyk nie, "laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop" (vers 1b). Moenie toelaat dat die duiwel jou aandag aflei of jou met 'n ander se wedloop vergelyk nie. Bly gefokus op Jesus met wat HY vir JOU ten doel het. Moenie rondkyk nie, hou: "die oog gevestig op Jesus" (vers 2a).


2. "Hardloop dan só dat julle die prys kan wen!" 1 Korintiërs 9:24b


Ons God is 'n God van uitnemendheid. Hy is die beste en wil ook die beste vir jou hê. Hardloop jou wedloop na die beste van jou vermoë. Hardloop om te wen, moenie net saam hardloop nie!


3.Vertrou op God as jy wil ophou. Jesaja 40:31


Ons kom almal soms by die punt waar ons voel ons kan nie verder nie. Partykeer voel dit weer of jy nie nader aan jou doelwitte kom nie. Dit is egter hierdie tye wanneer jy op die Here moet vertrou. Vers 31 stel dit so: "maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie."


 



Klik hier vir Geloof & Fiksheid Oefening Dag 5!
 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Active Faith

Hoe kan jy daagliks ywerig in jou geloof wees? Weens die lewe se beproewings, is dit belangrik dat jy liggaamlik en geestelik fiks sal wees. Die "Active Faith Sports"-span het hierdie leesplan ontwikkel om praktiese raad...

More

Hartelike dank aan Active Faith Sports vir die voorsiening van die plan. Vir meer iinligting besoek gerus: https://activefaithsports.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid