Leesplan inligting

Aktiewe GeloofVoorbeeld

Active Faith

DAG 3 VAN 6

Die Here is My Krag


Aan die begin van elke nuwe jaar het baie van ons nuwe voornemens en doelwitte. Elke jaar is die drie gewildste voornemens aan gesondheid en fiksheid gekoppel. Om gewig te verloor, 'n beter eetprogram te volg en meer te oefen is ELKE jaar bo-aan die lys. Het jy geweet dat 75% mense gewoonlik binne die eerste drie weke misluk en tou opgooi?


Die redes wissel van 'n gebrek aan beplanning en onrealistiese doelwitte tot om niemand te hê wat jou verantwoordbaar hou of jou aanmoedig om vas te byt nie. Dit net omdat ons op ons eie wilskrag staatmaak. Regdeur die Bybel en uit ons lewenservaring weet ons reeds een ding verseker. Jy is gedoem om te misluk wanneer jy slegs op jou eie krag staatmaak.


Die wonderlike kennis wat ons as gelowiges het, is dat ons deur Jesus Christus toegang tot 'n onuitputlike kragbron het. Hiermee bedoel ek nie jy moet vir God vra om jou te help om gewigte van 150 kg op te tel nie. Inteendeel, wanneer ons swak is, kan ons hierdie dinge deur gebed net so na die Here neem, in die wete dat Hy ons die nodige krag sal gee om daardeur te kom. As ons op sy krag steun, sal ons alle swakhede oorbrug.


Ons uitdaging vandag aan jou: 


Die oomblik wanneer jy swak en onseker voel, moet jy stil raak en bid dat God jou die nodige krag sal gee om jou probleem baas te raak. As jou voornemens dus gesondheid en fiksheid verwant is en jy weet jy moet reg eet — raak stil en vra God in gebed om jou die krag te gee om die versoeking van ongesonde maaltye en tussen-in peusel te weerstaan. Herken jou swakhede en bid gedurende die maand wanneer jy voor daardie swakhede te staan kom. God het belowe dat Hy aan ons die krag sal gee wat ons nie self het nie. 



Klik hier vir Dag 3 se Geloof & Fiksheid Oefening! 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Active Faith

Hoe kan jy daagliks ywerig in jou geloof wees? Weens die lewe se beproewings, is dit belangrik dat jy liggaamlik en geestelik fiks sal wees. Die "Active Faith Sports"-span het hierdie leesplan ontwikkel om praktiese raad...

More

Hartelike dank aan Active Faith Sports vir die voorsiening van die plan. Vir meer iinligting besoek gerus: https://activefaithsports.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid