Leesplan inligting

Aktiewe GeloofVoorbeeld

Active Faith

DAG 4 VAN 6

Geskep op 'n Wonderbaarlike Wyse


"Om jouself met ander te vergelyk, steel net jou eie vreugde" ~Theodore Roosevelt.


In die huidige era van sosiale media en selfverheerliking, is dit byna onmoontlik om jouself nie daagliks met iemand anders te vergelyk nie. Dit is egter jammer dat die platforms wat geskep is om eerlik met vriende en familie te kan kommunikeer, ontaard het in 'n plek waar almal en alles met mekaar vergelyk word, oor jou hoeveelheid "hou van's" en om ander te beïndruk. Daar word al hoe meer druk op jou geplaas om 'n sekere beeld, lewensstyl en besittings voor te hou. Dit is dus geen toeval dat die jeug en millenniëls so sukkel met hul selfbeeld en sin van eiewaarde nie. Een van die redes, is hul behoefte om hulself met ander te vergelyk wat onvermydelik tot wedywering en afguns lei.


As kinders van die Here moet ons baie versigtig wees dat ons nie vasgevang word in 'n wêreldbeskouing waar ons gedefinieer word as mooi, suksesvol of as die een wat die pas aangee nie. As jy weet wie jy is en aan WIE jy behoort, is dit nie nodig om jouself met iemand anders te vergelyk nie.


Ongeag van wat die sosiale media en die wêreld sê, JY is 'n kind van die Koning van alle konings. Dit alleen maak jou koninklik. Jy is as die beeld van God geskape. Daar was 'n rede hoekom die Skepper besluit het om jou presies te skep soos jy is. As jou lewe Hom behaag, is daar niemand anders oor wie jy gespanne moet voel of om te beïndruk nie. 


Ondersoek jou motiewe. Maak seker dat jou rede waarom jy wil fiks word, of wat jou doelwit ook al is, aan God al die eer sal gee en nie daarom gaan om die meeste "hou van's" te kry nie. As jy ooit oomblikke van vertwyfeling in jouself ervaar of agterkom jy vergelyk jouself met ander, moet jy net daar stil raak en onthou dat God jou geskep het en niemand is so goed daarmee soos Hy nie. Wees dus vol vertroue in wie jy geskep is om te wees. In God se oë is jy 'n wonderbaarlike skepping. #GeenFilter nodig nie.


Uitdaging: 


Bly vir die volgende 7-10 dae weg van sosiale media. Teken uit of wis die toepassing uit as jy so voel. Elke keer wat jy lus kry om na sosiale media te kyk, maak jy eerder jou YouVersion Bybeltoep oop, lees 'n gedeelte uit die Bybel en bid. Wanneer jy later weer terugkeer na sosiale media, onthou om standvastig te wees in wie jy is en nie jouself met ander te vergelyk nie.



Klik hier vir jou Geloof & Fiksheid Gesondheidswenke van Dag 4!


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Active Faith

Hoe kan jy daagliks ywerig in jou geloof wees? Weens die lewe se beproewings, is dit belangrik dat jy liggaamlik en geestelik fiks sal wees. Die "Active Faith Sports"-span het hierdie leesplan ontwikkel om praktiese raad...

More

Hartelike dank aan Active Faith Sports vir die voorsiening van die plan. Vir meer iinligting besoek gerus: https://activefaithsports.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid