Leesplan inligting

Aktiewe GeloofVoorbeeld

Active Faith

DAG 1 VAN 6

Kruis-fiks


Jesus het vir sy dissipels gesê: "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg" (Matteus16:24).



Wanneer jy Christus volg en streef om meer soos Hy te word, moet jy jou menslike begeertes opoffer en Hom eerder volg as jou eie planne — en dit is nooit maklik nie.



Net soos jy 'n doelwit kan hê om hierdie jaar fiks en gesond te lewe, beteken dit dat jy baie lekkernye sal moet prysgee om hierdie doel te bereik. Jy sal gedissiplineerd in jou eetprogram moet wees en getrou en gereeld 'n oefenprogram volg om die nodige veranderinge te maak sodat jy kan fiks word. Die enigste manier om jou spiere te bou en kardiovaskulêre fiksheid te bereik, is om gereeld met swaar gewigte te oefen totdat jou hartritme verhoog. Wanneer jy iemand sien wat fiks is, weet jy die persoon het dit nie bereik deur net 'n paar keer te gaan oefen en net nou en dan te gaan draf nie. Fisieke fiksheid word behaal as gevolg van toewyding en opoffering om die regte kos te eet en gereeld te oefen. 



Ons kan dieselfde in ons soeke na geestelike fiksheid toepas. Die enigste manier om sterk genoeg te word om jou kruis te kan opneem, is om 'n geestelike oefenprogram te volg. Dink net hoeveel keer jy gewigte in die gimnasium moet optel om jou spiere sterker te maak. Ons moet dieselfde benadering volg wat daarop neerkom hoeveel keer jy jou Bybel optel en Bybelstudie doen. Jy hurk om 'n stewige basis in jou liggaam te kry. Dus moet ons ook kniel en bid om 'n hegte verhouding met God te ontwikkel. Net soos met gewigte, kan die kruise wat jy moet dra om Jesus te volg, ook soms swaar raak. Die soort oefening wat jy moet verduur om hiervoor fiks te word, bereik jy nie in die gimnasium nie. 



Dus word jy uitgedaag om ywerig in jou geloof EN fiksheid te bly. Net soos jy daarna strewe om 'n fikser liggaam te hê, moet jy nie vergeet van jou strewe om geestelike fikser te word nie. Onthou jou geloof is net soos die spiere in jou liggaam wat gereeld getoets en uitgedaag moet word. Dit is nie altyd maklik nie. Jou liggaam en spiere sal altyd van strawwe oefening seer wees. Dit beteken egter dat jy sterker word. So sal jou geloof ook getoets word en daar sal tye van pyn wees, maar jy kan weet dat jou geloof sterker sal word sodat jy geestelik fiks genoeg is om jou kruis te dra soos Jesus dit versoek.


 


Klik hier vir Dag 1 se Geloof & Fiksheid Oefening! 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Active Faith

Hoe kan jy daagliks ywerig in jou geloof wees? Weens die lewe se beproewings, is dit belangrik dat jy liggaamlik en geestelik fiks sal wees. Die "Active Faith Sports"-span het hierdie leesplan ontwikkel om praktiese raad...

More

Hartelike dank aan Active Faith Sports vir die voorsiening van die plan. Vir meer iinligting besoek gerus: https://activefaithsports.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid