Leesplan inligting

Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 1 VAN 25

Die Eerste Belofte



Weet jy dat die eerste belofte wat God ooit gemaak het was oor Kersfees? In Genesis lees ons toe Adam en Eva die eerste sonde in die tuin van Eden gepleeg het, dat die mensdom uit God se teenwoordigheid verwyder is. Sonde het ons van onskuld beroof en het ons onrein gemaak. Omdat God heilig en volmaak is, kan Hy nie in 'n verhouding staan met díe wat onrein is nie. Hierdie verwydering het God se hart gebreek, want Hy is liewer vir ons as wat ons ooit kan begryp. God het dadelik 'n plan beraam om versoening met Hom te bring. Van die begin van die mensdom se bestaan, sou Jesus deel van die verhaal wees.



God het die Satan daardie dag goed laat verstaan wat met hom sou gebeur. Hy het gesê: "Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt" (Genesis 3:15). Iewers, uit Eva se nageslag, sou daar 'n Redder kom wat vir ewig ontslae sou raak van die Satan se krag om verwydering tussen God en die mens te bring. Die Satan sou probeer om Hom te stop, maar die Redder sou sy kop vermorsel. Daar is geen kans vir omdraai nie!



Kersfees is die begin van God se proses om ons verhouding met Hom, deur middel van 'n nuwe verbond, te herstel. Die wêreld het duisende jare vir God se beloofde Redder gewag en toe uiteindelik was Hy hier. Die Een wat sonde en die dood vir ewig en altyd sou oorwin, het "God by ons" geword.



Kom ons fokus op die vervulling van God se belofte terwyl ons die Adventstyd binnegaan. Erken dat God getrou bly aan sy woord en dink na oor die waarheid dat Hy ons so liefhet dat Hy sy volmaakte Seun gestuur het om in 'n sondige wêreld gebore te word, sodat Hy 'n verhouding met jou kan hê.



Gebed: Vader, ek is verwonderd dat U eerste reaksie op ons sonde, 'n belofte was dat ons nie vir ewig van U geskei sou wees nie. Dankie dat U van die begin af besluit het om Jesus te stuur om vir ons 'n manier te gee om in 'n verhouding met U te wees. Gee vir my hierdie Kersfees 'n dieper openbaring van wat U teweeggebring het toe Jesus aarde toe gekom het. Laat my die vreugde ervaar wat U ervaar het toe Jesus gebore is en die vervulling van u belofte in werking getree het.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om di...

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid