Leesplan inligting

Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 3 VAN 25


Verlossing vir Langverwagte Hoop



Jy het seker die spreekwoord gehoor: "Die hoop beskaam nie." Maar het jy geweet dat Jesus gebore is omdat God 'n langverwagte hoop wou vervul? In Genesis lees ons dat Abraham en sy vrou, Sara, vir jare lank 'n kind begeer het, maar Sara kon nie kinders hê nie. Toe Sara 90 jaar oud was, het God aan Abraham verskyn en beloof dat Sara geboorte sou gee aan 'n seun en dat Hy 'n ewige verbond tussen Hom en Abraham se nageslag deur middel van hierdie kind sou vestig. Sara het gelag toe God dit gesê het, want sy het gedink: "sal ek nog genot kan hê noudat ek afgeleef is?" Tog het Sara swanger geraak en geboorte gegee aan 'n seun. Abraham het hom Isak genoem, wat "gelag" beteken, want God het deur 'n oënskynlik onmoontlike situasie, groot vreugde en verlossing aan Sara gebring.



Isak se seun was Jakob, en Jakob het 12 seuns gehad, een van hulle, was Juda. Uit die stam van Juda het koning Dawid gekom, en omdat Jesus se moeder, Maria, 'n afstammeling van Dawid was (en ook sy aardse vader, Josef) was die Redder die vervulling van die belofte aan Abraham en Sara. God het Sara se liggaam genees en haar die begeerte van haar hart gegee en so die saad geplant wat uiteindelik versoening tussen God en mens sou bring en 'n verbond sou vestig wat vir ewig sou bestaan. Sara se vermoë om op haar ouderdom geboorte te skenk is nog 'n rede hoekom ons verwonderd kan wees oor die wonderbare verhaal van Jesus se geboorte.



As jy vandag in afwagting is vir iets om in vervulling te gaan, moenie moed verloor nie, God sal redding bring en vir jou iets groter doen as wat jy jouself kan voorstel. Al kan jy nie nou die rede vir die vertraging insien nie, sal jy eendag. Hou vas aan God se beloftes! Net soos Sara sal jy ondervind dat: "'n Begeerte wat vervul word, is 'n boom van lewe."



Gebed: Dankie Vader, dat U 'n God van u woord is. Net soos u Sara se belofte vervul het, vertrou ek U om u beloftes aan my te vervul. By voorbaat dankie dat U die moeilike tye in my lewe vir 'n groter doel gebruik. Ek is bevoorreg om deel te wees van die werk wat eer aan U bring.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om di...

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid