Leesplan inligting

Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 9 VAN 25


Toegerus Met 'n Doel



Dit was uiteindelik tyd dat die belofte van God vervul moes word. Sonde sou binnekort vir ewig oorwin word, maar eers moes die Verlosser in die moederskoot geplaas word. Kan jy jouself indink hoe opgewonde God moes wees toe Hy die engel gestuur het om sy plan aan Maria bekend te maak? Hierdie oomblik was al eeue lank beplan!



Dink 'n bietjie na oor Maria: jonk en nederig, maar deur God gekies. Hy het die engel met woorde van liefde na haar toe gestuur. Hy het haar laat weet dat sy uitgekies is en nie bang hoef te wees nie. Voordat sy nog kon twyfel of gevoelens van onsekerheid kon ontwikkel, het God haar die selfvertroue gegee om sy doel in haar lewe uit te leef. 



Met Kersfees wat naderkom, plaas jouself in Maria se skoene en dink vir 'n oomblik daaroor na. Hoe ongelooflik, selfs oorweldigend, was dit vir haar om die volle omvang van God se doel vir haar lewe te ontdek. Dit is belangrik om te besef dat God ook 'n Goddelike doel vir jou lewe het, net soos Hy vir Maria gehad het. Net soos vir haar, het Hy ook wonderlike planne vir jou en het gekies om iets wonderbaar aan jou toe te vertrou! Vra vir God om aan jou te openbaar waarvoor Hy jou gemaak het, en wees verseker dat Hy jou sal toerus om dit te doen.



Gebed: Vader, baie dankie vir die geskenk, Jesus. Dankie dat U 'n vrou soos Maria gekies het om Hom in die wêreld in te bring. U het haar as 'n kanaal gebruik vir U grootste wonderwerk. Dankie dat U ook vir my 'n Goddelike doel gee. Help my om tydens hierdie feestyd stil te word, U te soek en beter te leer ken. Maak in hierdie tyd meer van u doel vir my bekend, terwyl ek op die doel van Kersfees fokus.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om di...

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid