Leesplan inligting

Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 8 VAN 25


Die Groot Uitruiling



Jesus het aarde toe gekom om vir ons die gawes van aanvaarding, vrede, genesing en vergifnis te gee, maar hulle was nie goedkoop nie. Ons kan nooit bekostig wat Jesus gegee het nie, en gelukkig hoef ons nie. God aanvaar ons nou, nie as gevolg van ons goeie gedrag nie, maar omdat Jesus die prys betaal het — die grootste verwerping om ons onthalwe. Jesus het gekies om te sterf sodat ons sonde weggeneem kon word. Hy het die dood oorwin en lewe gebring. Die profeet Jesaja noem ons sonde "oortredings" en "ongeregtighede" — dit is in wese ons misdade en boosheid. Daardie sondes het 'n skuld veroorsaak wat ons nooit kan terugbetaal nie, maar Jesus, die volmaakte Een, kon dit doen. Jesus het vir ons vrede en genesing gebring as gevolg van sy keuse om gebore te word in die wêreld wat Hom sou verbrysel en deurboor.



Die profesie in Jesaja 53 beeld God se wonderlike uitruiling uit: Jesus se lewe in ruil vir ons s'n. Jesus was bewus van die prys van Kersfees, en Hy het dit aanvaar sodat ons Hom kan aanvaar en die ewige lewe wat Hy vir ons beskikbaar gemaak het. Moenie hierdie Kersseisoen hierdie waarheid vergeet nie: Ons word slegs vergewe, genees en vrygemaak omdat Jesus Kersfees gekies het.



Gebed: Jesus, ek kan nooit vir U genoeg dankie sê vir die prys wat U vir my sonde betaal het nie. Ek is verlore sonder U. Ek aanbid U as my Vredevors, Geneesheer en Redder! Dankie dat U Kersfees gekies het. Help my om alles waarvoor U gekom het, te aanvaar en help my om dit met die mense om my te deel.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om di...

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid