Leesplan inligting

Tony Evans Onderrig oor BibliologieVoorbeeld

Tony Evans Teaches On Bibliology

DAG 5 VAN 5

Om 'n nare verkoue te beveg, het ek na die apteek gegaan om antibiotika te kry. Die voorskrif se etiket het die instruksies uiteengesit wat ek moes volg om beter te word, maar ek het besluit om my eie oordeel te gebruik. Na 'n paar dae was daar geen verandering in my toestand nie. Frustrasie het ingetree. Ek het die instruksies gelees. Ek het die instruksies duidelik verstaan. Dit was nie die probleem nie. Alhoewel ek die inligting geken en verstaan het, was die probleem dat ek dit nie gehoorsaam het nie. Uiteindelik het ek toegegee en die instruksies volledig gevolg. Toe, en eers toe, het ek begin beter word.



Baie gelowiges is gefrustreerd omdat hulle nie 'n verandering in hulle toestand sien nie. Hulle lees die Bybel. Hulle bestudeer dit. Hulle verstaan die instruksies wat daardeur gegee word. Hulle kom egter nooit daarby uit om dit toe te pas en te gehoorsaam nie. Daarom voel dit asof die omstandighede in hul lewens nooit beter word nie. Jy sien, 'n kursus oor bibliologie is wonderlik! Ons moet begeer om die Bybel te bestudeer en dit beter te verstaan. Kennis alleen lei egter nie tot herskepping nie. Die rede waarom ons die Bybel beter wil verstaan, is sodat ons 'n dieper vertroue kan hê in wat dit vir ons sê om te doen, en dit moet lei tot 'n sterker motivering om die leringe in ons lewens toe te pas. Die doel van toepassing is om die betekenis van die Skrifgedeeltes te neem en te kan onderskei hoe God met ons praat en ons roep om in gehoorsaamheid te reageer. Dit is waarom toepassing en herskepping onafskeidbaar is. Namate ons die waarheid van die Skrifgedeeltes toepas, gehoorsaam en uitleef, word ons lewens herskep. 



 Wanneer die Woord van God op ons lewens toegepas word, sal dit ons aanspreeklik hou, terwyl dit die diep motiewe van ons harte onthul en beoordeel. En terwyl dit gebeur, verbind jou daartoe om alles wat God aan jou openbaar te gehoorsaam deur aksie te neem, want wanneer jou reaksie op die Woord van God gehoorsaamheid is, is dit wanneer ware herskepping begin plaasvind. 



Watter verse ken jy, maar sukkel om dit te gehoorsaam? Bid hieroor en vra die Heilige Gees om jou te help om in gehoorsaamheid te reageer. 



Wil jy meer oor die implementering van die Woord van God op jou lewe leer? Klik eenvoudig op hierdie skakel om na die  Tony Evans Opleidingskursus te gaan. 


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Tony Evans Teaches On Bibliology

Tydens 'n rugbywedstryd is daar 'n derde span op die veld — 'n span amptenare wat hul gesag kry deur die reëlboek uit te voer. Net soos die gesag in 'n rugbywedstryd berus in die reëlboek wat die amptenare gebruik, berus...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://go.tonyevans.org/unleashing-the-power-of-the-word

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid