Leesplan inligting

Tony Evans Onderrig oor BibliologieVoorbeeld

Tony Evans Teaches On Bibliology

DAG 3 VAN 5

Jou Bybel by die huis is waarskynlik óf met leer oorgetrek óf ‘n hardeband. Dis mooi, netjies, kompak en georganiseerd. Ons besef egter nie dat dit nie altyd so was nie, en dink dat dit op een of ander manier altyd in hierdie gerieflike vorm bestaan het. Die proses was egter meer kompleks as dit. Duisende manuskripte is oor baie jare oorgedra en deur die Heilige Gees bewaar; sekere boeke is aanvaar en ander verwerp. Alles sodat ons die 66 boeke kon hê wat ons vandag het. Hoe kan ons egter die integriteit van die proses vertrou? Wel, dieselfde God wat sy Woord gespreek het, dit lewend en aktief gemaak het en dit as die grondslag van die waarheid gevestig het, het dit deur die geskiedenis beskerm totdat die Bybel in totaliteit saamgestel is uit die versameling van die Skrifgedeeltes wat ons vandag ken. 



Die Goddelike samestelling van die Bybel kan vergelyk word met jou wat na 'n geliefde se huis stap. Langs die pad is daar pragtige blomme. Jy stop, pluk 'n blom en hou aan loop. Jy stop weer, pluk nog 'n blom en stap 'n bietjie verder. Die volgende keer as jy stop, pluk jy 'n paar blomme, stap effens verder en pluk nog een. Wanneer jy by die huis aankom, het jy 'n pragtige blommeruiker. Jy hou egter nie daar nie op nie. Jy organiseer die blomme deur dit in 'n spesifieke rangskikking te plaas. Stel jou voor hoe jou geliefdes voel wanneer hulle hierdie handgeplukte ruiker ontvang wat in liefde aan hulle gegee word!



Wel, terwyl God deur die geskiedenis gewandel het, het Hy gesê, "Moses, jy skryf dít. Jesaja en Jeremia, julle skryf dít. Lukas, jy kan dit skryf. Paulus, jy skryf hierdie 13 briewe." En so word verskillende boeke oor 1500 jaar deur God saamgestel in 'n pragtige ruiker wat die Bybel genoem word. God het egter ook nie daar gestop nie. Hy het toesig gehou oor die rangskikking van die Bybel sodat 39 boeke in die Ou Testament saam gegroepeer is en 27 in die Nuwe Testament, georganiseer volgens genre: die wet, geskiedenis, wysheid, profete, evangelies, sendbriewe en apokaliptiese geskrifte. God het regdeur hierdie tydperk toesig gehou oor die proses sodat Hy vir ons 'n liefdevolle, handgeplukte ruiker kon gee.



Hoe kan jy jouself gereeld daaraan herinner om die wonderlike gawe van die Woord van God te waardeer? 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Tony Evans Teaches On Bibliology

Tydens 'n rugbywedstryd is daar 'n derde span op die veld — 'n span amptenare wat hul gesag kry deur die reëlboek uit te voer. Net soos die gesag in 'n rugbywedstryd berus in die reëlboek wat die amptenare gebruik, berus...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://go.tonyevans.org/unleashing-the-power-of-the-word

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid