Leesplan inligting

Tony Evans Onderrig oor BibliologieVoorbeeld

Tony Evans Teaches On Bibliology

DAG 2 VAN 5

Daar is 'n baie gewilde ysbreker speletjie waar mense beurte sal maak om drie bewerings oor hulself te maak. Twee van die bewerings is waar, en een is vals. Almal wat aan die spel deelneem, sal probeer raai watter bewerings waar is en watter nie. As gevolg hiervan leer jy onvermydelik iets nuuts oor die ander mense wat die spel speel. 



Ongelukkig benader baie mense die Bybel op dieselfde manier. Hulle beskou dit as 'n klomp bewerings. Sommige is waar, maar ander is vals, en jy moet tyd bestee om uit te vind wat is watter. Die probleem met hierdie benadering is dat jy 'n voorveronderstelling het dat daar valse bewerings in die Bybel is. Dit is eenvoudig nie waar nie.



Die Bybel is onfeilbaar. Onfeilbaarheid beteken dat die Woord van God 'n absoluut vaste en stewige fondament van waarheid vorm. Dit is 'n teologiese term wat beteken dat die Bybel foutloos is. Met ander woorde, die Bybel is absoluut betroubaar. Eenvoudig gestel, die Bybel is waarheid. Dit bevat nie net bewerings wat waar is nie, maar dit is eintlik waarheid op sigself. 



Hoe kan ons egter weet dat die Skrif onfeilbaar is? Eerstens is die Bybel konsekwent. Daar is 66 boeke, geskryf deur 40 verskillende skrywers, wat meer as 1500 jaar dek en in drie verskillende tale geskryf is. Tog is daar een Bybel wat een verhaal vertel, oor een God en die aanbieding van een boodskap. Tweedens bevat die Bybel tussen 1800 en 2500 profesieë, waarvan baie vervul is, en die res wag op vervulling. Derdens bied argeologiese bewyse historiese betroubaarheid. Ongeveer 25000 plekke wat in die Ou Testament genoem word, is byvoorbeeld opgespoor. Vierdens bevestig nie-Bybelse historici gebeure in die Bybel. Hierdie sekulêre historici ontken die geestelike lesse van die gebeure, maar hulle ontken nie dat die gebeure werklik plaasgevind het nie. Laastens, die belangrikste rede waarom ons kan weet dat die Skrif onfeilbaar is, is omdat dit daarop aanspraak maak. Dit getuig van sy eie waarheid. En aangesien die Bybel die Woord van God is, en God nie kan lieg nie, kan ons die bewerings daarvan vertrou. 



Hoe bied Bybelse onfeilbaarheid aan jou troos en hoop? 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Tony Evans Teaches On Bibliology

Tydens 'n rugbywedstryd is daar 'n derde span op die veld — 'n span amptenare wat hul gesag kry deur die reëlboek uit te voer. Net soos die gesag in 'n rugbywedstryd berus in die reëlboek wat die amptenare gebruik, berus...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://go.tonyevans.org/unleashing-the-power-of-the-word

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid