Leesplan inligting

Tony Evans Onderrig oor BibliologieVoorbeeld

Tony Evans Teaches On Bibliology

DAG 1 VAN 5

Ek was al by 'n paar begrafnisse waar ek iemand hoor sê het die begrafnisondernemer het goeie werk met die liggaam gedoen. Wat hulle bedoel het, was dat die begrafnisondernemer 'n uitstekende werk gedoen het om die liggaam te balsem en skoon te maak, die gesigsuitdrukking reg te laat vertoon, te skeer of skoonheidsmiddels aan die gesig te wend en uiteindelik die oorledene aan te trek. Dit maak nie saak hoe goed die werk van die begrafnisondernemer is nie, die liggaam lyk gewoonlik net soos 'n nabootsing van die lewenslustige, lewendige persoon wat eens geleef het. Dis net 'n leë dop.






Baie mense beskou die Bybel so. Dit lyk goed en vertoon goed, maar dit lewe nie. Dis net 'n dop wat ou verhale bevat oor oumense wat nou dood en weg is. Dit is egter nie die geval nie. Die Bybel getuig self dat dit "lewend en aktief" is. Die teologiese term wat die Skrif gebruik om hierdie "lewende en aktiewe" verskynsel te beskryf, word die "inspirasie" van die Skrif genoem. Die woord "inspireer" is afgelei van die Latynse woord inspirare wat beteken om "asem te haal of in te blaas", en beskryf die fisieke daad om in iets asem te haal. Daarom spreek die term inspirasie nie na 'n geesdriftige opwekking, 'n emosionele invloed of 'n aangevuurde gevoel nie. Dit verwys eerder na die oorsprong van die Skrif. Die hele Skrif kom van God self af.  






Baie geleerdes verbind die daad om die Skrif uit te asem met die daad van God wat lewensasem in Adam blaas. In beide gevalle lei God se aksie om sy Gees uit te blaas tot lewe! Dit is die rede waarom ons kan sê dat die Skrif lewendig en aktief is. Dit kommunikeer nie net die Woord van God nie. Dit bevat nie net die Woord van God nie. Dit word nie die Woord van God onder sekere omstandighede nie. Dit is die Woord van God. Dit is die opgetekende uitlating van God as persoon — sy intellek, emosies en wil. Die Woord van God kom van God af, en dit is vandag nog lewendig en aktief. 






Watter gevolgtrekkings oor die Skrif kan jy maak deur die term "inspirasie" beter te verstaan?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Tony Evans Teaches On Bibliology

Tydens 'n rugbywedstryd is daar 'n derde span op die veld — 'n span amptenare wat hul gesag kry deur die reëlboek uit te voer. Net soos die gesag in 'n rugbywedstryd berus in die reëlboek wat die amptenare gebruik, berus...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://go.tonyevans.org/unleashing-the-power-of-the-word

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid