Leesplan inligting

Tony Evans Onderrig oor BibliologieVoorbeeld

Tony Evans Teaches On Bibliology

DAG 4 VAN 5

Het jy al ooit na 'n blaaiboekie gekyk? Dit is 'n boekie met 'n reeks tekeninge wat stadig van een bladsy na die volgende verander. As die bladsye omgeslaan word, lyk dit asof dit beweeg. Wat ook al op die bladsy is, kry skielik lewe. Soms wanneer jy gaan sit om die Bybel te lees, voel dit soos 'n mors van tyd. Jy voel asof jy niks verstaan nie. Tog, ander kere, is die betekenis onmiddellik verstaanbaar. Dit is asof 'n gloeilampie in jou kop aanskakel.



Archimedes, die beroemde wetenskaplike in antieke Griekeland, het die uitdrukking "Eureka!" gewild gemaak. Hy het gewerk aan die proses om die suiwerheid van goud te bepaal. Nadat hy 'n magdom teorieë getoets het en uiteindelik die regte proses met waterverplasing ontdek het, het hy kaal deur die strate gehardloop en uitgeroep: "Eureka!", wat in Grieks beteken: "Ek het dit gevind". Met verloop van tyd het hierdie woord verband begin hou met die opwinding wat kom as jy uiteindelik iets verstaan. Met ander woorde, eureka beskryf die "gloeilampie"-oomblik wanneer 'n idee duidelik word. Dit is die proses van illuminasie.



Illuminasie is die teologiese term wat die proses beskryf waardeur God se openbaring verhelder word. Skrifgedeeltes hou op om net woorde op 'n bladsy te wees en word skielik lewendig in ons harte en gedagtes. Dit is die werk van die Heilige Gees wat gelowiges se gedagtes open vir die Woord van God en hulle in staat stel om die betekenis daarvan te verstaan en dit persoonlik op hulle lewens toe te pas



Al bring illuminasie skielik die Skrif tot lewe, gebeur dit nie noodwendig oornag nie. Saulus is deur 'n gesogte rabbi opgelei en was 'n kenner van die wet, maar eers toe die Heilige Gees sy oë oopgemaak het, kon hy werklik die betekenis van die Skrif verstaan en op sy lewe toepas. Moet dus nie moedeloos raak as jy oomblikke beleef wanneer dit lyk of die Skrif nie sin maak nie. Volhard. Gaan voort om te lees en te studeer. En bid dat die Heilige Gees die Woord van God in jou lewe sal verlig.  



Watter Skrifgedeelte het jy gelees wat skielik lewend geword het sodat jy die betekenis daarvan en hoe om dit op jou lewe toe te pas, verstaan het?  


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Tony Evans Teaches On Bibliology

Tydens 'n rugbywedstryd is daar 'n derde span op die veld — 'n span amptenare wat hul gesag kry deur die reëlboek uit te voer. Net soos die gesag in 'n rugbywedstryd berus in die reëlboek wat die amptenare gebruik, berus...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://go.tonyevans.org/unleashing-the-power-of-the-word

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid