Leesplan inligting

Verspotte Liefde met Francis ChanVoorbeeld

Crazy Love With Francis Chan

DAG 7 VAN 7

“Jou Beste Lewe…Later”

Jy besef seker teen hierdie tyd dat jy 'n keuse moet maak: laat die lewe sy eie gang gaan, wat in werklikheid beteken dat jy God met jou oorskiet dien, of hardloop doelbewus na Christus.

Besef jy hoe doelloos dit is om vervulling te vind sonder Hom? Verstaan jy dat dit onmoontlik is om God tevrede te stel op enige ander manier as om jouself totaal aan Hom oor te gee? Begryp jy die wonder en vreugde van 'n intieme lewe saam met God, ons Hemelse Vader en Vriend? Begeer jy God meer as wat jy veiligheid verlang?

Dalk is jou antwoord 'ja' op al hierdie vrae, maar jy wonder tog wat dit als behels. Ek gee 'n voorbeeld.

Hoe sal jou lewe verander as jy elke persoon waarmee jy in aanraking kom, sien as Christus —die persoon wat so stadig ry hier voor jou, die kassiere in die winkel wat eerder met die een langsaan wil gesels, of die familielid wat jou irriteer?

In Matteus 25 seën Jesus sommige mense vir wat hulle gedoen het. Hulle vra verward:“Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?”

Sy antwoord is verstommend:“En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’” Jesus sê in der waarheid dat ons God se liefde op 'n tasbare wyse aan ander bewys as ons omgee vir die armes en die wat ly. Hy verwag dat ons sulke mense moet hanteer asof hulle Christus self is.

* Behandel jy die mense met wie jy op 'n daaglikse basis in aanraking kom soos jy Christus sou behandel? Is jy besorg oor die“geringstes” al is dit tot jy eie nadeel? Hoe kan jy jou hart en gedagtes verander sodat jy nie geleenthede sal miskyk waar jy Christus se liefde met ander kan deel nie?

Kyk nou na hierdie video wat hierdie tema verder verken:

Het jy hierdie leesplan geniet? Indien wel, skryf hier in om die hele boek te wen

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Crazy Love With Francis Chan

Geneem uit die New York Times se Topverkoper boek "Crazy Love". Francis Chan delf diep in God se wonderbare, heerlike, onbeskryflike liefde vir ons, en hoe ons gepaste reaksie op so 'n liefde moet lyk. Hy hou egter nie d...

More

Ons sê dankie vir David C Cook wat hierdie plan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/crazy_love/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid