Leesplan inligting

Verspotte Liefde met Francis ChanVoorbeeld

Crazy Love With Francis Chan

DAG 6 VAN 7

“As jy verlief is”

Het jy al ooit iemand ontmoet wat onteenseglik verlief was op Jesus? Ek het. Dit was my vrou se ouma, Clara.

Elke oggend het Clara by haar bed gekniel en waardevolle ure saam met haar Redder en Liefling spandeer; later in die dag sou sy trane van blydskap stort as sy na die hoek van die bed kyk en dink aan die volgende oggend wanneer sy weer daar sou kniel in God se teenwoordigheid.

Ouma Clara het opgetree soos iemand wat mal verlief is.

Wanneer jy werkik lief is vir iemand, sal jy alles in jou vermoë doen om by daardie persoon te wees. Jy sal ver ry om saam te wees, al is dit net vir 'n kort rukkie. Jy gee nie om as julle tot laat in die nag gesels nie. Dis romanties om in die reën te loop. Jy sal baie geld spandeer op die een waarop jy verlief is. As julle nie bymekaar is nie, is dit 'n pyniging en aaklig. Julle dink gedurig aan mekaar; doen enige iets om by mekaar te wees.

In sy boek “God is the Gospel” vra John Piper pertinent of ons verlief is op God:

“Die belangrike vraag vir ons geslag —en elke geslag— is dit: As jy die hemel kon hê, sonder siekte, met al jou vriende wat jy op aarde gehad het, al die kos waarvan jy hou, al die stokperdjies wat jy doen, al die mooi dinge in die natuur, al die plesiere wat jy al ooit gehad het, en geen konflik of natuurrampe nie, sou jy tevrede wees met die hemel, selfs al was God nie daar nie?”

Hoeveel sal hierdie woorde lees en sê: “Jy weet wat? Dit sal reg wees met my.” As jy so verlief op God is soos ouma Clara was, sal jy nooit tevrede wees met die hemel sonder God nie.

*Het jy al ooit iemand ontmoet wat so lief was vir God? As jy kan, bel hulle vandag en praat oor jou verhouding met die Here en hoe jy hom meer lief kan hê.

Kyk nou na hierdie video en dink na oor wat bespreek is:

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Crazy Love With Francis Chan

Geneem uit die New York Times se Topverkoper boek "Crazy Love". Francis Chan delf diep in God se wonderbare, heerlike, onbeskryflike liefde vir ons, en hoe ons gepaste reaksie op so 'n liefde moet lyk. Hy hou egter nie d...

More

Ons sê dankie vir David C Cook wat hierdie plan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/crazy_love/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid