Leesplan inligting

Verspotte Liefde met Francis ChanVoorbeeld

Crazy Love With Francis Chan

DAG 4 VAN 7

“Profiel van 'n Lou Warm Persoon”

Sal jy jouself beskryf as iemand wat totaal en al verlief is op Jesus Christus? Of pas die woorde halfhartig, louwarm en gedeeltelik toegewyd, jou beter?

Die Bybel sê dat ons onsself moet ondersoek. Ek gaan dus vir jou 'n beskrywing gee van 'n persoon wat lou warm is. Ek raai jou sterk aan om hierdie voorbeelde te gebruik om diep binne-in jouself te kyk en hoe jy leef.

Mense wat lou warm is:

  • Gaan min of meer gereeld kerk toe. Dit is wat hulle dink van goeie Christene verwag word, dus gaan hulle maar.
  • Gee geld vir liefdadigheid en die kerk…solank dit nie hulle lewenstandaard aantas nie. As hulle 'n bietjie ekstra het, sal hulle gee.
  • Hulle wil graag inpas by gemeentelede sowel as die gemeenskap; hulle gee meer om oor wat mense dink as wat God van hulle dink.
  • Hulle wil nie regtig van hul sondes verlos word nie; hulle wil die straf vir sonde vryspring.
  • Hulle voel geraak deur mense wat radikaal vir God lewe, maar hulle wil nie dieselfde doen nie. Lou warm mense dink “radikaal” is die woord wat Jesus gebruik om sy volgelinge te beskryf.
  • Hulle deel selde hulle geloof met bure, kollegas of vriende. Hulle wil nie verwerp word nie. Hulle wil ook nie mense ongemaklik laat voel nie.
  • Hulle meet hulle moraliteit of “goedheid” aan wêreldse standaarde. Hulle voel goed omdat hulle nie so sleg is soos die mense in die straat nie.
  • Hulle sê dat hulle Jesus lief het en dat Hy deel van hulle lewe is. 'n Klein deeltjie. Hulle gee hom 'n deel van hulle tyd, geld en denke, maar Hy word nie toegelaat om hulle lewens te beheer nie.
  • Hulle is lief vir God, maar nie met hulle hele hart, siel en krag nie.
  • Hulle is lief vir ander, maar nie so lief soos hulle vir hulleself is nie.

*Hoeveel van hierdie “lou warm kenmerke” stem ooreen met jou lewenswyse? Bid dat God jou hart sal versag en kies dan een kenmerk om hierdie week aan te werk (en voor te bid).

Kyk dan na hierdie video en dink na oor wat bespreek is::

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Crazy Love With Francis Chan

Geneem uit die New York Times se Topverkoper boek "Crazy Love". Francis Chan delf diep in God se wonderbare, heerlike, onbeskryflike liefde vir ons, en hoe ons gepaste reaksie op so 'n liefde moet lyk. Hy hou egter nie d...

More

Ons sê dankie vir David C Cook wat hierdie plan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/crazy_love/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid