Leesplan inligting

Verspotte Liefde met Francis ChanVoorbeeld

Crazy Love With Francis Chan

DAG 5 VAN 7

"Gee Oorskiet aan die Heilige God"


Jakobus 2:19 vra: "Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder van angs." God verwag nie dat ons net 'n goeie teologiese begrip het nie, Hy wil hê dat ons Hom sal ken en liefhê. 1 Johannes 2:3-4 sê: "As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. Iemand wat sê: 'Ek ken Hom,' maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie."


Ek dink daardie verse beteken dat die persoon wat voorgee om God te ken, maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, 'n leuenaar is en dat die waarheid nie regtig in hom is nie.


Sommige mense beweer dat ons Christene kan word sonder om dissipels te wees. Ek wonder egter hoekom Jesus se laaste woorde dan was dat ons in die wêreld moet ingaan en dissipels maak van alle nasies en hulle leer om alles te onderhou wat Hy beveel het? Let op dat Hy nie die volgende woorde bygevoeg het nie: "As dit te veel gevra is, vra hulle net om Christene te word — jy weet mos, die mense wat hemel toe gaan sonder om hulleself tot enige iets te verbind."


Ek wil nie hê dat ware gelowiges hulle redding moet bevraagteken nie. Al misluk ons in ons pogings om Jesus lief te hê, sal sy genade vir ons genoeg wees.


Elkeen van ons ondervind tye wanneer ons louwarm is. Sulke tye het ons genade nodig. Ons lees in die Skrif dat daar ruimte is vir ons mislukkings en sonde, in ons soektog na God. Sy genade is elke dag nuut (Klaagliedere 3). Sy genade is genoeg (2 Korintiërs 12:9). Ek sê egter nie dat jou mislukkings 'n aanduiding van jou mislukte Christenskap is nie. As dit so was, kon niemand ooit 'n volgeling van Christus wees nie.


* Sien jy die vrugte van Christenskap in jou lewe? 'n Liefde vir Christus en iemand wat sy gebooie gehoorsaam? As jy dapper genoeg is, vra iemand wat jou goed ken of jou dade Christus en sy gebooie reflekteer of nie.


Kyk nou na hierdie video en dink na oor wat bespreek is:


* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Crazy Love With Francis Chan

Geneem uit die New York Times se Topverkoper boek "Crazy Love". Francis Chan delf diep in God se wonderbare, heerlike, onbeskryflike liefde vir ons, en hoe ons gepaste reaksie op so 'n liefde moet lyk. Hy hou egter nie d...

More

Ons sê dankie vir David C Cook wat hierdie plan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/crazy_love/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid