Leesplan inligting

Verspotte Liefde met Francis ChanVoorbeeld

Crazy Love With Francis Chan

DAG 2 VAN 7

“Jy Mag Dalk Nie Hierdie Hoofstuk Voltooi Nie"

Jy kan sterf voordat jy dit klaar lees. Ek kan sterf terwyl jy dit lees. Vandag. Te enige tyd.

Op enige gegewe dag leef ons vir onsself. Op enige gegewe dag dink ons nie veel aan God nie. Op enige gegewe dag vergeet ons dat ons lewe eintlik soos 'n damp is.

Glo jy regtig dat jy enige oomblik kan verdwyn? Dat jy miskien vandag sal sterf? Of voel jy eerder onoorwinlik?

Ek het nog nooit hart probleme ervaar nie, tot 'n paar jaar gelede toe ek hartkloppings begin kry het. Met die verloop van tyd het dit meer gereeld gebeur, en dit het my bekommer.

Om eerlik te wees, ek het geweet wat die probleem was. Ek was onder geweldige stres. Dit was die Kersseisoen, en ek moes aan baie dinge aandag gee en oor baie dinge dink.

Maar op Oukersaand was die probleem so erg dat ek aan my vrou gesê het dat ek na die kerkdiens na ongevalle sou gaan. Tydens die diens het ek egter al my bekommernisse en stres aan God oorgegee. My simptome het stadigaan vedwyn en ek het nooit dokter toe gegaan nie.

Wanneer ek oorweldig voel deur my probleme — gestres voel oor my lewe, my familie, en my werk — sê ek eintlik dat my omstandighede meer belangrik is as my geloof in God se bevel om altyd bly te wees. Met ander woorde, ek het “die reg” om aan God ongehoorsaam te wees omdat ek so baie verantwoordelikhede het.

Ek vind dat ek hierdie les oor en oor moet leer. Alhoewel ek partykeer 'n blik op God se heiligheid kry, is ek nog steeds so dom om te vergeet dat die lewe alles oor God gaan en nie oor my nie.

* Hoe dikwels dink jy na oor hoe vlietend jou eie lewe is? Hoe help hierdie wete jou om meer deursigtig, liefdevol en vertrouend te leef?

Kyk nou na hierdie video en dink na oor wat bespreek is:

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Crazy Love With Francis Chan

Geneem uit die New York Times se Topverkoper boek "Crazy Love". Francis Chan delf diep in God se wonderbare, heerlike, onbeskryflike liefde vir ons, en hoe ons gepaste reaksie op so 'n liefde moet lyk. Hy hou egter nie d...

More

Ons sê dankie vir David C Cook wat hierdie plan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/crazy_love/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid