Leesplan inligting

Om te Help Sonder om te Skaad: Die Bybel en die ArmesVoorbeeld

Helping Without Hurting: The Bible and the Poor

DAG 10 VAN 10

Die Finale Pleidooi


"Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus" (Filippense 3:13-14).


Spyt. Teen hierdie tyd behoort jou oë oop te wees vir die materieel behoeftiges. Mense in jou eie dorp sukkel om die rekeninge te betaal, om kos op die tafel te sit, en om toegang te kry tot goeie gesondheidsorg. Jy is bewus daarvan dat miljoene weeskinders myle verder sonder kos, water en onderrig is, waar hulle in die bos of op straat woon. Jy voel dalk spyt — vir die blindheid teenoor jou naaste, vir jou gevoel van intellektuele en geestelike meerderwaardigheid, of vir jou eie beheptheid met materialisme. Hierdie spyt kan, in die aangesig van jou oorweldigende gebrokenheid, selfs lei tot die wanhopige vraag: "Maar watter verskil kan ek nou eintlik maak?"


Bekering. Eintlik roep God ons tot bekering en optrede, en nie vir spyt en verlamming nie. Ons moenie stagneer in die verlede nie, maar ons eerder wegkeer van sonde en passiwiteit, na hoop en liefde. Met sy eie groei in Christus in gedagte, moedig die apostel Paulus ons aan om dié dinge wat agter ons lê, te vergeet, en ons eerder te strek en in te span na dit wat voor ons lê. Daar mag dalk nog werk wees om te doen in ons ommekeer na hoop en liefde, maar dit is steeds: "God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer" (Filippense 2:13). God is besig met opknappingwerk in ons harte en ons word geroep om deel te neem aan daardie verandering.


Liefde. Francis Schaeffer, wat 'n apologetiese bediening, L'Abri gestig het, het dikwels gesê dat die liefde onder Christene "die finale pleidooi" is. Meer as net spyt en bekering, is dit ons liefde vir die behoeftiges wat die boodskap van die evangelie vir die wêreld geloofwaardig maak. Soos Brian Fikkert sê: “Ons behoort Jesus te beliggaam deur te doen wat Hy gedoen het en wat Hy steeds deur ons doen: om te verkondig — met beide woord en daad — dat Jesus die Koning van die konings en Heerser van die heersers is wat 'n koninkryk van geregtigheid, regverdigheid en vrede tot stand bring. Die kerk moet dit doen waar Jesus dit gedoen het, onder die blindes, verlamdes, onder die siekes en die uitgeworpenes, en onder die armes.” Christen, hou dus vol. Daar is werk om te doen.


Koning Jesus, ons het berou. Laat ons nie in spyt leef nie, maar in hoop en liefde. Help ons om Jesus onder die armes te beliggaam.


Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Helping Without Hurting: The Bible and the Poor

Die Bybel gee ons die opdrag om vir die armes en verdruktes te sorg. Kom verken die diepte van God se besorgdheid oor hulle, en hoe jy dalk sélf op hierdie roeping kan reageer. Elke dag sluit ’n ware verhaal of staaltjie...

More

Baie dankie aan Die Chalmerssentrum vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek www.chalmers.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid