Leesplan inligting

Om te Help Sonder om te Skaad: Die Bybel en die ArmesVoorbeeld

Helping Without Hurting: The Bible and the Poor

DAG 2 VAN 10

'n Viervoudige armoede


"Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet" (Genesis 3:6).


Gebrokenheid. Mary woon in 'n krotbuurt in Kenya. Haar man mishandel haar gereeld en sy leef in 'n kultuur wat haar as minderwaardig beskou omdat sy 'n vrou is. Sy wil graag ''n onderneming as handelaar met houtskool begin, maar het nie genoeg kapitaal nie. Omdat sy ook nie genoeg het om 'n gewone lening aan te gaan nie, klop sy by 'n plaaslike geldskieter aan wat 'n strawwe rentekoers van 300% op haar lening van R450 eis, en weens 'n gebrek aan sakevaardigheid, betree sy 'n mark wat reeds versadig is. Uit frustrasie met die min wins gaan vra sy om hulp by die plaaslike toordokter, wat haar vertel van woedende voorvadergeeste wat net gesus kan word deur die offer van 'n baie duur bok.


Armoede. Ons kan dadelik sien dat daar ingewikkelde faktore is wat tot Mary se armoede bydra. Soos elke ander mens, is Mary as die beeld van God geskape, 'n fundamentele feit van die skepping wat beteken dat dit die bedoeling was dat sy die Drie-enige God in haar verhoudings met God, met haarself, met ander en met die res van die skepping moet weerspieël. Tog ly sy onder gebroke verhoudings, en ervaar sy armoede in haar gemeenskap in die vorm van mishandeling en uitbuiting. Sy het nie geestelike intimiteit met God nie, en kyk na ander valse gode om haar omstandighede te verbeter. Haar gebroke verhouding met haarself neem die vorm van verlammende skaamte en onsekerheid aan, en sy ervaar 'n gebrokenheid in haar verhouding met die res van die skepping omdat sy nie 'n vaste werk en dus inkomste kan genereer nie. Mary se tekort aan die materiële, vloei voort uit die ingewikkeldheid van hierdie gebroke grondliggende verhoudings.


Genesing. Mary is egter nie die enigste een met gebroke verhoudings nie, en as ons deel wil wees van God se genesing van hierdie grondliggende verhoudings onder die armes, moet ons eers ons eie gebrokenheid erken. Ondanks ons betreklike materiële rykdom, ly ons ook aan gebroke verhoudings met God, onsself, ander, en die skepping. Die sondeval het werklik gebeur en ons gebrokenheid is 'n realiteit. Om dit te erken, sal ons na ons eie genesing lei en ons bevry sodat God ons kan gebruik om ánder na sy versoeningswerk te wys.


Here, ons erken dat ons gebroke is en dat ons vervreemding van U negatiewe gevolge op ons verhoudings met ander, op ons beskouings van onsself, en op ons rentmeesterskap van u goeie skepping het. Genees ons en gebruik ons ook as agente vir genesing onder die behoeftiges.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Helping Without Hurting: The Bible and the Poor

Die Bybel gee ons die opdrag om vir die armes en verdruktes te sorg. Kom verken die diepte van God se besorgdheid oor hulle, en hoe jy dalk sélf op hierdie roeping kan reageer. Elke dag sluit ’n ware verhaal of staaltjie...

More

Baie dankie aan Die Chalmerssentrum vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek www.chalmers.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid