Leesplan inligting

Om te Help Sonder om te Skaad: Die Bybel en die ArmesVoorbeeld

Helping Without Hurting: The Bible and the Poor

DAG 1 VAN 10

In Woord en Daad

"Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid" (1 Johannes 3:18).


Statistieke. Liefde is tasbaar. Dit kan gesien en gevoel word. Armoede is óók tasbaar, en dit kan regoor die wêreld gesien en gevoel word. In die Westerse wêreld is armoede dikwels tot sekere buurte in stede of tot plattelandse gebiede beperk, maar in 'n groot deel van die wêreld is materiële armoede baie meer algemeen. Kinders word deur oorlog, vigs, en ander siektes wees gelaat. Gesinne het nie toegang tot kos of skoon water nie. Skole het 'n tekort aan boeke en lessenaars. Hele gemeenskappe verkeer in die wurggreep van die fatalisme wat aan wanhoop geboorte gee. Terwyl die deursnee Amerikaner van meer as R1600 per dag leef, leef ongeveer 'n miljard mense wêreldwyd van minder as R20 per dag, en nog 2,6 miljard (40% van die wêreldwye bevolking) van minder as R35 per dag. Wat behoort ons dan met hierdie inligting te doen?


Geroep. Aan diegene wat oorweldig voel deur die opdrag om na die armes om te sien, sê Jesus nadruklik maar met deernis: "Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid." Hiermee sê Hy dus dat wanneer ons die armes nie net sien nie, maar ook help, getuig ons van sy liefde wat in ons woon. Statistieke en abstrakte gesprekke oor "die armes" móét ons tot dade laat oorgaan in 'n spesifieke tyd, plek, en situasie. In die woorde van die skrywer Frederick Buechner: "Jesus is geneig om die lewe binne te tree wanneer dit die mees werklik voel. Nie in 'n skielike hemelse lig nie, nie in die middel van 'n preek nie, nie in een of ander magiese geestelike visioen nie, maar ... aan 'n etenstafel, of langs die pad." Jesus roep ons om ons harte oop te maak en ons lewens neer te lê vir die armes, die werklik armes — diegene wat op die pad na Kigali stap, wat 'n maaltyd in 'n nagskuiling deel, diegene wat in ons midde leef.


Gestuur. Hoewel armoede 'n grootskaalse probleem is, word jy steeds deur die Here geroep om na die armes en onderdruktes om te sien. Raak bewus van God se voorsiening in jou eie lewe en vra Hom om vir jou te openbaar hoe om die hulpbronne in jou hande (tyd, vermoëns, en besittings) namens die materieel behoeftiges te bestuur. Vra Hom om vir jou maniere te wys waarop jy 'n praktiese bydrae kan lewer in jou eie gemeenskap, maar ook vir wysheid terwyl jy dit in gehoorsaamheid doen. Om die armes te sién is jou eerste tree om te reageer. Waak en bid.


Vader, dankie dat U in oorvloed aan al ons behoeftes voorsien. Help ons om dan ook uit óns oorvloed met wysheid teenoor die behoeftiges onder ons op te tree. Vul ons harte met medelye sodat ons diegene kan liefhê wat U liefhet en sodat ons van u werk in ons harte en in die wêreld sal kan getuig. Help ons om in woord en in daad lief te hê.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Helping Without Hurting: The Bible and the Poor

Die Bybel gee ons die opdrag om vir die armes en verdruktes te sorg. Kom verken die diepte van God se besorgdheid oor hulle, en hoe jy dalk sélf op hierdie roeping kan reageer. Elke dag sluit ’n ware verhaal of staaltjie...

More

Baie dankie aan Die Chalmerssentrum vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek www.chalmers.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid