Leesplan inligting

Om te Help Sonder om te Skaad: Die Bybel en die ArmesVoorbeeld

Helping Without Hurting: The Bible and the Poor

DAG 5 VAN 10

Dit Wat Nog Kom

"As jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag" (Jesaja 58:10).


Geskiedenis. Geskiedenis getuig van God se besorgdheid oor die armes en sy volk se getrouheid om daardie liefde en besorgdheid in die wêreld te beliggaam. Die sosioloog Rodney Stark dokumenteer hoe die vroeë kerk se interaksie met diens aan die armes sentraal was in die kerk se geweldige groei. Toe die pes deur Rome versprei het, het diegene wat dit kon bekostig die stad verlaat, en die wat te arm of sieklik was, is agtergelaat. Christene het egter agtergebly om vir die siekes te sorg en die dooies te begrawe. Christene neem al regdeur geskiedenis die voortou wat liefde en sorg vir die armes en verdruktes betref.


Voorskou. As jy 'n rolprent by 'n teater gaan kyk, open die skerm met 'n reeks videogrepe — voorskoue van komende rolprente — wat net 'n kykie gee van die vollengte film wat nog kom. So wys die verhale, digkuns, en profesieë in die Ou Testament na die Een wat sou kom om genesing en geregtigheid vir die wat honger is, die hawelose en siekes te bring. Dit is geen verrassing dat God wette wat rus vir slawe en vreemdelinge waarborg, wat skuldverligting bied, en wat slawe vrylaat, in die DNS van die volk van Israel ingevoeg het nie. Om as sy volk te leef, het ingesluit om brood met die wat honger is te deel, om skuiling aan armes te bied, en om die wat nie klere het nie, van klere te voorsien (vers 10); en die vroeë kerk het daardie opdrag verder uitgeleef. Net so is die kerk vandag ook geroep om gestalte te gee aan die herstelwerk wat Christus begin het en wat Hy eindelik met sy terugkoms sal voltooi.


Verhaal. Michelle woon in 'n stad in die VSA. 'n Paar jaar gelede bevind sy haar sonder 'n werk of heenkome. Toe sy haar plaaslike kerk om ondersteuning vra, het hulle haar met ope arms verwelkom, en die diakens het haar bygestaan en saamgenooi na 'n finansiële opleidingskursus wat spesifiek op lae-inkomste individue gemik is. Sy het die kursus bygewoon, oor Jesus se versoeningswerk geleer, verhoudings met gemeentelede gebou, en later 'n kerk begin bywoon. Vandag het sy 'n werk, stabiele huisvesting, en help sy ander lae-inkomste individue wat by die kerk aanklop om hulp. Michelle en haar kerk bied aan ander 'n blik op Christus se sosiale, liggaamlike, en geestelike herstelwerk. Hoe wys jou kerk en lewe ander na die God wat alle dinge nuut maak?


Vader, dankie vir die voorreg om deel uit te maak van u werk in die wêreld wat slegs ten dele die herstel weerspieël wat U gaan bring. Mag ons woorde, dade en houdings ook ander na daardie hoop en roeping dryf.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Helping Without Hurting: The Bible and the Poor

Die Bybel gee ons die opdrag om vir die armes en verdruktes te sorg. Kom verken die diepte van God se besorgdheid oor hulle, en hoe jy dalk sélf op hierdie roeping kan reageer. Elke dag sluit ’n ware verhaal of staaltjie...

More

Baie dankie aan Die Chalmerssentrum vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek www.chalmers.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid