Leesplan inligting

Om te Help Sonder om te Skaad: Die Bybel en die ArmesVoorbeeld

Helping Without Hurting: The Bible and the Poor

DAG 8 VAN 10

Skat


"My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is" (2 Korintiërs 12:9).


Oorweldig. As jy eers begin dink oor die werklikheid van armoede is daar die gevaar dat jy oorweldig kan voel deur die oënskynlik onoorkomelike nood om jou. Jy weet dalk nie waar om te begin nie, hoe om die wortel van die kwaad aan te spreek nie, of hoe om 'n verskil te maak nie. Miskien voel jy magteloos en klein — maar tog weet jy dat die Skrif ons duidelik roep om die materieel armes te dien en geregtigheid vir hulle te verkry.


Genade. Die goeie nuus is egter dat ons nié genoeg hoef te wees nie. In 2 Korintiërs 12 hoor Paulus hoe die Here vir hom sê: "My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is." Elders word ons herinner dat ons hierdie skat — hierdie lewe in Christus — in kleipotte het en nie in keurige erdeware nie, om ons te herinner dat dit die onoortreflike krag van God is wat in ons leef, en dat ons net in Christus kan roem en nie in onsself nie. Dit is vertroostend om te weet dat ons swakheid nie 'n las is nie, dat God sy wil sal laat geskied ten spyte van ons, maar tog ten dele déúr ons. Net soos God werk in die lewens en gemeenskappe van diegene wat minder bevoorreg is, werk Hy ook in ons gebroke lewens. In oënskynlike swakheid is daar genade in oorvloed.


Begin. Wanneer jy die reus van materiële armoede in die gesig staar, begin in jou eie swakheid. Erken jou eie ontoereikendheid en gebrokenheid — jou tekort aan wysheid, hulpbronne, en vermoëns — en erken dan God se vermoë om mense met beperkinge te gebruik. Bid ook vir die nederigheid om te sien hoe die materieel behoeftiges, diegene wat ons maklik as "swak" sou kon sien, deur God gebruik word om kragtig in hul eie gemeenskappe te werk. Bid vir wysheid om te weet waar om te begin en wat om te doen soos jy 'n pad met die materieel behoeftiges stap, met vertroue in die versoeningskrag van Christus om die gebrokenheid in beide van julle te genees. Bied in nederigheid jou swakheid aan, en kyk hoe God deur jou getroue gehoorsaamheid werk.


Jesus, ek weet ek is arm van gees. Maak my oë oop om u heerlikheid in beide die geestelik en materieel armes te sien, en skenk asseblief aan my volharding terwyl ek probeer om die materieel behoeftiges in woord en daad lief te hê.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Helping Without Hurting: The Bible and the Poor

Die Bybel gee ons die opdrag om vir die armes en verdruktes te sorg. Kom verken die diepte van God se besorgdheid oor hulle, en hoe jy dalk sélf op hierdie roeping kan reageer. Elke dag sluit ’n ware verhaal of staaltjie...

More

Baie dankie aan Die Chalmerssentrum vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek www.chalmers.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid