Leesplan inligting

Ewige Sekerheid Voorbeeld

Eternal Security

DAG 6 VAN 7

  Belonings en Genade



Ons weet almal van mense wat al die bewyse van wedergeboorte het, behalwe vir 'n gewoonte wat blykbaar jaar na jaar voortduur. Is hierdie persoon nie 'n Christen nie? Of sal hy sy verlossing verloor? Nie een van hierdie stellings is aanvaarbaar nie. Eintlik is die woord "erfenis" 'n wenk dat die frase na dissipelskap verwys. Lukas 14 gee 'n pragtige vergelyking van die gratis gawe van verlossing en die hoë prys van dissipelskap. Christus moedig mense aan om die uitnodiging na 'n gratis verlossingsmaaltyd te aanvaar. Tog waarsku Hy ernstig daarteen om nie die roete van dissipelskap te begin sonder om eers die koste te bereken om moontlik van vriende, familie, rykdom of selfs 'n mens se lewe te moet afstand doen nie. Hy wil liewer dat ons nie op daardie pad begin as ons nie van plan is om dit te voltooi nie. 



Ten spyte daarvan is die belonings van dissipelskap baie. In die Woord van God is baie gedeeltes wat handel oor ons erfenis. Na wedergeboorte ontvang Christene 'n erfenis gebaseer op ons werke. 



Skrifgedeeltes wat ons waarsku teen die verlies van ons erfenis, verwys nie na die verlies van ons verlossing nie. Dit verwys eerder na die verlies van ons belonings wat ons sou ontvang het deur die werke wat ons in Christus gedoen het.



Baie van die Skrifgedeeltes oor ewige sekerheid word misverstaan omdat ons versuim om te onderskei of die waarskuwing met die verloop van tyd hier op aarde of in die ewigheid 'n werklikheid sal word. Hebreërs bevat sulke gedeeltes; tog, in elke geval moet die oordeel vir ontrou mettertyd voltrek word. In elke geval is die waarskuwing van 'n oordeel wat kom terwyl die mense nog op aarde is. Die hemel of die ewige lewe kom hier nooit ter sprake nie. 



Genade is net vir ons goedkoop. Dit kos ons niks nie. Tog het dit vir Jesus alles gekos — sy lewe. Verder, terwyl 'n Christen teoreties op enige manier wat hy wil kan lewe, het ons gesien dat 'n onheilige lewe lei tot die verbeuring van die oorvloedige lewe wat Christus op aarde bied, asook die belonings wat Hy in die hemel bied. 



Paulus vergelyk die twee vlakke van die lewe. Om onder die genade is lewe, is op 'n hoër vlak. Om die Christelike lewe onder die wet te leef soos die Galasiërs probeer doen het, is om op 'n laer vlak te lewe. In wese het so 'n Christen van die hoër vlak na die laer gedaal. Hy het die genade verbeur. 



Die verwysing in Openbaring na die uitwissing van 'n naam uit die Boek van die Lewe, kan verduidelik word. Dit is moontlik dat alle mense se name in die Boek van die Lewe is totdat hy Christus as Verlosser verwerp. Op daardie stadium word sy naam uitgewis. Slegs die name van gelowiges bly uiteindelik oor. Die helfte van die inwoners van Rome was byvoorbeeld burgers. Wanneer 'n burger 'n misdaad gepleeg het, het die stadsamptenare sy naam uit die register gevee. Hy het 'n inwoner gebly, maar die regte van 'n burger verloor. Die moontlikheid dat 'n mens se naam uit die Boek van die Lewe gehaal word, sal nie 'n mens se ewige verblyf bedreig nie, maar slegs jou hemelse beloning.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Eternal Security

Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te verstaan hoekom jou redding in Christus verseker is en jou ook help om die soort lewe na te streef wat God vir jou begeer.

Baie dankie aan Grace School of Theology, in vennootskap met El Centro Netwerk en Adriana Pineda, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.gsot.edu en http://www.elcentronetwork.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid