Leesplan inligting

Ewige Sekerheid Voorbeeld

Eternal Security

DAG 3 VAN 7

  



Die Basiese Bewyse



Sommige mense verwys na die leerstelling van ewige sekerheid as “die volharding van die heiliges.” 'n Meer korrekte uitdrukking is “die behoud van die heiliges.” Die eerste uitdrukking benadruk die mens se poging, terwyl die tweede uitdrukking oor God se vermoë gaan. Uiteindelik berus die ewige sekerheid van die gelowige op die krag van God om die heilige te bewaar en nie op die krag of vermoë van die heilige nie. Dit is soos die vader wat sy kind aan die hand oor 'n besige kruising lei. Toe hulle amper die straat oorgesteek het, gly en val die seuntjie. Voor hy egter die grond tref, is sy pa se sterk regterhand daar om hom op te lig en na veiligheid te bring. Dankbaar kyk die seun na sy pa op en roep uit: “Ek het vasgehou, het ek nie Pappa?” Sy vader glimlag wetende en antwoord: “Ja, jy het seun, maar ek het jou eerste vasgehou.” Die kern van ons ewige sekerheid is dat God ons vashou en nie ons wat aan God vashou nie. In die lig van hierdie waarheid rus ons ewige sekerheid op die Persoon en werk van God. Die beste bewys van hierdie leerstelling kom deur die samewerking wat elke lid van die Godheid maak aan die behoud van die heiliges. Laat ons daarom na twee bydraes van die Godheid kyk wat ons ewige sekerheid bevestig. 



Eerstens, God se almag. Verskeie verse getuig van God se vermoë om sy kinders te bewaar en die onvermoë van enigiemand anders om sy krag te oorwin. God het die ewige lewe beloof aan elkeen wat glo. Hy is in staat om te doen wat Hy belowe het. Om te sê dat iemand sy verlossing kan verloor, is net so goed as om te sê dat God nie in staat is om sy woord te hou nie. Wie is kragtiger, God of ons? Ontkenning van ewige sekerheid is 'n direkte aanval op die almag van God. 



Tweedens, sy onvoorwaardelik liefde. Die onvoorwaardelik karakter van God se liefde is verskeie vlakke hoër as die liefde van die mens. God bewys sy liefde aan ons terwyl ons nog sondaars is deur sy Seun te stuur om vir ons aan die kruis te sterf. As gevolg van ons sonde verdien ons nie sy liefde nie. Noudat ons sy kinders is, het God ons baie liewer as toe ons sy vyande was. As ons sondes nie die kraan van sy liefde voor ons verlossing kon toedraai nie, sal dit beslis nie ná ons redding gebeur nie. Die Vader se groot krag en sy groot liefde bevestig die leerstelling van ewige sekerheid. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Eternal Security

Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te verstaan hoekom jou redding in Christus verseker is en jou ook help om die soort lewe na te streef wat God vir jou begeer.

Baie dankie aan Grace School of Theology, in vennootskap met El Centro Netwerk en Adriana Pineda, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.gsot.edu en http://www.elcentronetwork.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid