Leesplan inligting

Ewige Sekerheid Voorbeeld

Eternal Security

DAG 1 VAN 7

  



Die Eenvoudige Definisie



Indien jy vandag sou sterwe, weet jy waar jy die ewige lewe gaan deurbring? Of sal jy met die persoon saamstem wat beweer: “Ek dink nie dit is moontlik om te weet waar ek die hiernamaals sal deurbring nie.” 



Ons glo dat hierdie kennis moontlik is, lank voordat die dood opdaag. Hierdie kennis is noodsaaklik indien jy die rus wil ondervind wat vir die mense van God voorberei word terwyl hulle hier op aarde is. 



Wanneer dit daarby kom om God op 'n persoonlike vlak te ken en te weet dat ons by Hom sal wees wanneer ons doodgaan, dan val ons in een van vier kategorieë. Sommige weet nie, ook is hulle nie bewus daarvan dat hulle nie weet nie. Hulle is verlore, maar besef dit nie. Ander weet nie, maar is bewus daarvan dat hulle nie weet nie. Die mees tragiese kategorie sluit egter diegene in wat weet, maar nie besef dat hulle weet nie. Hulle is die gelowiges wat gered is en wie se eindbestemming seker is, maar tog nie weet dat hulle gered is nie; hulle is onseker van hul redding en uiteindelike eindbestemming. Dit is belangrik om die boodskap van ewige sekerheid te verstaan sodat ons in die vierde kategorie kan val as mense wat weet, en besef hulle weet. 



Niemand het meer vrede en rus in hierdie lewe nie as die persoon wat God die Vader deur God die Seun ken en weet dat hy Hom ken. Tog, is mense in hierdie vierde kategorie aanmatigend en geestelik te selfversekerd? Kom ons ondersoek hierdie onderwerp in hierdie leesplan in vyf kategorieë:



· Die Eenvoudige Definisie



· Die Teologiese Moontlikheid



· Die Basiese Bewyse



· Die Hoof Besware



· Die Praktiese Voordele



Miskien is die eenvoudigste, kortste definisie van ewige sekerheid die volgende: "Eenmaal gered, altyd gered." Natuurlik veroorsaak die allesomvattende woord "altyd" onmiddellike reaksie. Wanneer ons die woorde "altyd", "nooit" of "elke" hoor, begin ons na uitsonderings soek. Nietemin kan hierdie definisie die bombardement weerstaan. Dit blink soos een van die duidelikste leerstellige waarhede in die Bybel. Sodra jy glo, kan jy nooit verlore gaan nie; jy kan nooit hel toe gaan nie. Christus sal altyd jou Verlosser wees. Jy kan jou ewige eindbestemming eens en vir altyd vaspen, sodat jy jou nooit daaroor hoef te bekommer nie. Dit is duidelik dat enige leerstelling wat so met kwalifiserende terme soos "nooit", "altyd" en "alles" besprinkel is, uitgedaag sal word. Kan dit aan die toets voldoen?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Eternal Security

Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te verstaan hoekom jou redding in Christus verseker is en jou ook help om die soort lewe na te streef wat God vir jou begeer.

Baie dankie aan Grace School of Theology, in vennootskap met El Centro Netwerk en Adriana Pineda, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.gsot.edu en http://www.elcentronetwork.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid