Leesplan inligting

Ewige Sekerheid Voorbeeld

Eternal Security

DAG 4 VAN 7

  



Wat van Jesus en die Heilige Gees?



Soos ons reeds in Hebreërs 10 gesien het, het die dood van Christus die galgstrop van sonde eens en vir altyd van die gelowige se nek verwyder. Om hierdie waarheid te ontken, is soos om te sê die bloed van Christus was nie goed genoeg om al ons sondes te bedek nie, ongeag tyd, intensiteit of belydenis. Dit sou beteken wat Christus vir ons gedoen het, was nie genoeg nie, en nou moet ons ons eie goeie werke by Syne voeg om ons verlossing te behou. Wat 'n belediging vir ons Here en Verlosser!



In 1 Johannes staan dat ons as sondaars 'n voorspraak by ons Vader het, naamlik Jesus Christus. Hy is die versoening vir ons sondes. Wanneer ons ook al sondig na ons verlossing, tree Jesus Christus op as ons advokaat om ons teen die beskuldigende vinger van die Satan te verdedig. Ons advokaat berus sy saak op sy eie bloed wat vir ons sonde gestort is. Hy sê bloot ons skuld wat deur ons sondes versamel is, is ten volle betaal. Die saak word dan uitgegooi.



Daarbenewens sê die Woord van God ook dat Jesus ons voorbidder is. In Hebreërs lees ons dat Christus altyd voorbidding doen vir diegene wat Hy gered het. Om te sê dat 'n geredde gelowige verlore kan gaan, sê nie veel van Christus se gebedslewe nie, of hoe? Dus ondersteun wat Christus vir ons aan die kruis gedoen het, en sy huidige stutmuur van gebed, die leerstelling van ewige sekerheid.



Wat kan ons oor die Heilige Gees sê? Wanneer jy 'n Christen word, kom woon die Heilige Gees binne-in jou. Volgens Christus is die Heilige Gees ons trooster wat vir ewig in ons bly en woon. Die Heilige Gees het ons verseël tot die dag van verlossing. Hierdie seël in die tyd van die Nuwe Testament het drie gebruike gehad. Eerstens, om iets te bevestig. Paulus het gesê dat die Korintiërs die seël van sy apostelskap was. Hulle het hom as 'n apostel bevestig. Die Heilige Gees merk ons as opregte Christene. Tweedens, om te beskerm. In die boek Openbaring word gepraat van 144 000 wat verseël is; dit wil sê, hulle word teen die dood beskerm. Die seël van die Heilige Gees beskerm ons teen die tweede dood, wat die ewige skeiding van God is. Derdens, om eienaarskap aan te dui. Net soos 'n brandmerk op beeste, is hierdie seël 'n aanduiding van eienaarskap. Ons is God se gekoopte besitting. Dit is duidelik dat die inwoning en verseëling van die Heilige Gees dui op die permanente beskerming wat ons van God het tot die dag van verlossing. Dit is ons ewige sekerheid. Dit is nie ons volhardende krag wat ons redding waarborg nie. Die Vader se oneindige krag en onvoorwaardelike liefde, die Seun se eenmalige opoffering, die Gees se permanente inwoning en beskermende verseëling — al hierdie bydraes lei tot een gevolgtrekking: ons ewige sekerheid. Enige ontkenning van ewige sekerheid word as 'n aanval teen die karakter en werk van God beskou.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Eternal Security

Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te verstaan hoekom jou redding in Christus verseker is en jou ook help om die soort lewe na te streef wat God vir jou begeer.

Baie dankie aan Grace School of Theology, in vennootskap met El Centro Netwerk en Adriana Pineda, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.gsot.edu en http://www.elcentronetwork.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid