Leesplan inligting

Ewige Sekerheid Voorbeeld

Eternal Security

DAG 2 VAN 7

  



Die Teologiese Moontlikheid



"Eenmaal gered, altyd gered." Is dit selfs moontlik? Watter faktore is betrokke by die leerstelling van die ewige sekerheid? Wanneer ons die oormaat rondom die leerstellings verwyder, is daar net twee faktore wat oorbly: die mens se sonde en God se voorsiening. 



Die mens se sonde skei hom van God. Indien die mens die hel wil vermy, moet God een of ander soort verlossing teweegbring wat vir ons sonde betaal. God se voorsiening was Christus se kruisdood as die betaling vir al ons sondes. Die vraag van ewige sekerheid hang dus af of hierdie voorsiening wel betaal vir al die sonde van die mens. Op hierdie punt skep die teenstanders van die ewige sekerheid verwarring deur sonde in kategorieë te plaas: verlede en toekomstige sonde, slegte en erge sonde, sonde wat bely en nie bely is nie. Dit is soos om 'n vat met swart, dik olie in ses kompartemente te verdeel. Selfs al doen ons dit so, sal die olie in elke kompartement nog steeds swart olie wees. Die meeste mense wat glo 'n Christen kan sy verlossing verloor, glo nie God se verlossing dek alle sonde nie. Indien ewige sekerheid 'n teologiese moontlikheid is, dan moet Christus se dood kragtig genoeg wees om hierdie hele vat olie te verbrand. Nie net twee of drie kompartemente nie. God se voorsiening moet al die skuld van ons sonde betaal, ongeag die tydsverloop, die graad van sonde of belydenis. In Hebreërs 10 word die offerandes van bulle en bokke met die offer van die Seun van God vergelyk. Eenmaal per jaar moes die mense na Jerusalem terugkeer om 'n offerande aan God te bring vir hul sondes van die afgelope jaar. Dan kan hulle weer met 'n skoon blaadjie na hul huise terugkeer. Aangesien hul offers nie vir die toekomstige sondes voorsiening gemaak het nie, moes hulle elke jaar die tog aanpak. Die offer van Jesus het dit beëindig. Die Woord van God sê dat wat nie moontlik was deur die offer van bulle en bokke nie, is wel moontlik gemaak deur die offer van die Lam van God. 



Drie Griekse woorde beklemtoon hierdie moontlikheid. Die eerste woord is ephapax wat beteken “eens en vir altyd.” Dit word in die nuwe Testament genoem waar verwys word na Christus se dood as betaling vir ons sonde. Die tweede woord is diēnekes wat beteken “vir ewig” en “ewigdurend.” Dit is gebruik om te sê dat die offer van Christus vir altyd geldig is. Die laaste Griekse woord is perielein wat vertaal word as “om te verwyder.” Dit word gebruik wanneer die ankers van 'n skip opgelig word om die skip los te laat, asook om die galg se strop om 'n man se nek te verwyder. 'n Persoon se sonde is soos 'n galg se strop om sy nek. Christus se dood het daardie strop vir altyd verwyder. 



Ewige sekerheid is nie net 'n teologiese moontlikheid nie. Dit is 'n werklikheid. Hebreërs 10 stel dit duidelik dat God se voorsiening ons sonde heeltemal uitgewis en vernietig het. Christus se dood het die sondes van gelowiges van Adam tot by Christus, en van Christus tot vandag toe, voldoende en doeltreffend verwyder. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Eternal Security

Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te verstaan hoekom jou redding in Christus verseker is en jou ook help om die soort lewe na te streef wat God vir jou begeer.

Baie dankie aan Grace School of Theology, in vennootskap met El Centro Netwerk en Adriana Pineda, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.gsot.edu en http://www.elcentronetwork.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid