Leesplan inligting

God Se Plan Vir Jou LeweVoorbeeld

God’s Plan For Your Life

DAG 5 VAN 6

Wat gebeur as ons nie God se plan sien nie? 



In die Ou Testament was daar 'n profeet, Jeremia, wat 'n boodskap van God aan sy mense wat in Babeloniese ballingskap was, gebring het. Hulle wou beslis nie daar wees nie. Dit was nie die plan nie. In plaas daarvan dat God hulle onmiddellik red, sê Hy vir hulle: "Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, trou en bring kinders in die wêreld, en laat hulle trou en kinders in die wêreld bring. Julle moet daar in Babel baie word, nie min nie" (Jeremia 29:5-7).



'n Paar verse verder sê God: "So sê die Here: Oor presies sewentig jaar sal Ek Babel straf en julle onder my sorg neem en dan sal Ek my belofte nakom om julle hier na Jerusalem toe terug te bring"(Jeremia 29:10). 



Sewentig jaar! Die meeste onder ons is nie geduldig genoeg om 70 sekondes vir iets te wag nie, wat nog te sê 70 jaar. 



Dit alles verduidelik die volgende vers wat jy seker al voorheen gehoor het: "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!"(Jeremia 29:11).



Hier volg drie dinge oor God se plan wat jy moet weet:



1.) Goeie planne kan tyd neem. God het vir die Israeliete gesê dat hulle 70 jaar lank in ballingskap sou wees. Baie mense wat daardie boodskap gehoor het, sou nooit die uitkoms van die belofte sien nie. Soms voel dit of dit 'n ewigheid neem voor God sy plan vir jou lewe bekendmaak. Die werklikheid is dat jy dalk nooit die volle uitkoms mag sien wat God vir jou lewe het nie — jy kan dalk geslagte vorentoe beïnvloed sonder dat jy daarvan weet!



2.) Wagperiodes is nie verlore tyd nie. Let op dat God nie vir die Israeliete gesê het om vir sewentig jaar te wag en niks te doen nie. Hy het hulle opdrag gegee om te help werk vir die vrede en welstand van die stad waarnatoe Hy hulle gestuur het. God kan jou gebruik op die plek waar jy nou is! Moenie die geleentheid mis om nou 'n impak in God se koninkryk te maak nie. Moenie ledig vir 'n seisoen wag waarin God jou nog nie geplaas het nie.



3.) Sy planne is goed. Ongeag in watter seisoen jy jouself nou bevind, is die belofte van Jeremia 29:11 ook vir jou waar: God hetgoeie planne vir jou — planne vir 'n toekoms en 'n verwagting. Dit lyk dalk nie nou of alles reg uitwerk nie, maar as jy aanhou om God vir jou toekoms te vertrou, sal jy die goeie sien. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

God’s Plan For Your Life

Wat is God se plan vir jou lewe? Dit is een van die mees algemene vrae wat ons almal as volgelinge van Christus het. Maar as ons eerlik is, kan die idee van God se plan vir ons lewens 'n bietjie oorweldigend wees. Tydens...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid