Leesplan inligting

God Se Plan Vir Jou LeweVoorbeeld

God’s Plan For Your Life

DAG 2 VAN 6

God se plan vir jou lewe gaan meer oor wie jy is, as oor wat jy doen.



Wat moet ek doen? 



Jy het waarskynlik talle kere daardie vraag gevra, veral as jy ‘n belangrike lewensbesluit moes neem, soos om te kies na watter universiteit jy moet gaan of watter beroep jy moet kies. 



Dis ‘n soortgelyke vraag wat ‘n geestelike leier een keer vir Jesus gevra het: Wat is die belangrikste gebod in die Wet?(Matteus 22:36). Met ander woorde: wat moet ek doen?



In die volgende vers antwoord Jesus hom so: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself’“ (Matteus 22:37-39).



As jy probeer agterkom wat God se plan vir jou lewe is, begin met hierdie twee dinge wat Jesus vir ons gesê het om te doen:



1.) Wees lief vir God.


2.) Wees lief vir ander mense.



Jy dink nou seker dit klink wonderlik, maar hoe gaan ek weet na watter universiteit om te gaan of watter beroep ek moet volg? 



Dis ‘n redelike vraag. Die goeie nuus is: as jy Jesus volg en jou omring met godvresende mense, sal die Heilige Gees jou lei om die regte besluite te neem. 



Jy is dalk onseker oor universiteite wat ewe goed is en jy wonder waarnatoe God wil hê jy moet gaan. Kom ons kyk weer na wat Jesus gesê het oor die twee belangrikste gebooie: wees lief vir God en vir ander mense. Kan jy God en ander mense liefhê by altwee universiteite? As jou antwoord ja is, maak dit nie saak watter een jy kies nie. God kan jou op altwee plekke gebruik.



Wat toekomstige keuses betref, gee God nie altyd vir jou ‘n “ja” of ‘n “nee” antwoord nie. Dit kan nogal verwarrend wees, maar daar is juis baie vryheid as jy verstaan dat God se plan vir jou lewe meer gaan oor wie jy besig is om te word, as wat jy besig is om te doen. 



Beteken dit dat ons self oor alles moet besluit en kan lewe soos ons wil? Beslis nie! Ons ken dalk nie altyd God se wil nie, maar ons kan altyd in God se weë wandel. Wat beteken dit? Dit beteken, al weet ons nie wat volgende in ons lewens gaan gebeur nie, kan ons aanhou om God te gehoorsaam in wat Hy op hierdie oomblik vir ons gee om te doen. Dit beteken dat ons Hom moet volg, ‘n lewe van integriteit lei, ons ouers en leiers gehoorsaam en respekteer, en elke persoon wat God op ons pad stuur, moet liefhê. 



En die beste is: as ons Christus volg, gee Hy deur sy Heilige Gees vir ons wysheid (1 Korintiërs 2:12-13). Hy vernuwe ons gedagtes (Romeine 12:2) en help ons om op die regte dinge te fokus. Wanneer ons onsself met wyse mense omring (Spreuke 13:20), sal hulle ons ook help om die regte besluite te neem. Een van die beste maniere hoe ons wysheid kan bekom, is deur gebed. In Jakobus 1:5 lees ons dat God vir ons wysheid sal gee as ons dit van Hom vra!  


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

God’s Plan For Your Life

Wat is God se plan vir jou lewe? Dit is een van die mees algemene vrae wat ons almal as volgelinge van Christus het. Maar as ons eerlik is, kan die idee van God se plan vir ons lewens 'n bietjie oorweldigend wees. Tydens...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid