Leesplan inligting

God Se Plan Vir Jou LeweVoorbeeld

God’s Plan For Your Life

DAG 1 VAN 6

God se plan is dalk nie so ingewikkeld soos wat jy dink nie.



Het jy al ooit gehoor: "God het 'n plan vir jou lewe"? Ons ouers of ander belangstellende volwassenes praat dikwels met ons oor God se plan vir ons lewens om ons aan te moedig, maar om eerlik te wees, maak dit ons soms net bang. Jy sal egter bly wees om te weet dat God se plan nie so ingewikkeld is soos wat jy dink nie. 



In die Ou Testament is daar 'n verhaal van 'n ou met die naam Abram. In Genesis 12:1 word vertel hoe God vir Abram gesê het om sy geboorteland te verlaat en na 'n plek te gaan wat Hy vir hom sou aanwys. Hoe verlaat jy jou geboorteland, jou tuiste, om na 'n plek te gaan waarvan jy nog nooit eens gehoor het nie? Dit klink vreesaanjaend! Tog sê Genesis 12:4 dat Abram weggetrek het "… gehoorsaam aan die woord van die Here …". 



God het nooit vir Abram die volledige plan gegee nie. Hy het waarskynlik heelwat meer besonderhede uitgelos as waarmee Abram gemaklik was. In plaas daarvan het God net vir Abram instruksies gegee vir dit wat Hy wou hê Abram volgende moes doen.



En om die aap uit die mou te laat: as gevolg van sy gehoorsaamheid, het God sy naam later van Abram na Abraham verander wat "vader van baie nasies" beteken. Abraham het later die vader van baie nasies geword! Trouens, Abraham se naam verskyn weer in Hebreërs 11 in die Bybel se lys van geloofshelde. Dit is nogal spesiaal, nê? 



Abram is 'n goeie voorbeeld van iemand wat in geloof geleef het — selfs al kon hy net 'n deel van God se plan vir sy lewe sien. Hy was beslis nie volmaak nie, maar sy lewe was vol van sleutel oomblikke waartydens hy gehoorsaam aan God was, selfs wanneer dit nie sin gemaak nie. 



Dus, wanneer dit by God se plan vir ons lewens kom, werk dit ook partykeer so — Hy praat met ons deur sy Woord (die Bybel) en gee vir ons leiding vir ons volgende treë. Dit is al wat God se plan regtig is. Dit is 'n hele reeks van volgende treë wat ons in gehoorsaamheid aan Hom moet neem. 



Psalm 119:105 sê dat die Woord van God 'n lamp wat die weg wys en 'n lig op ons pad is. Hierdie vers handel nie oor die soort lamp wat jy in jou slaapkamer het wat die hele kamer verlig nie. Daar word eerder hier verwys na iets soos 'n klein kersie. Dit sal nie eintlik baie lig gee nie — net genoeg om te sien wat reg voor jou is. Dit sal wees soos om in 'n pikdonker kamer in te stap met 'n kleinerige flitslig — jy sal net 'n paar treë voor jou kan sien. 



Soos met Abram, gaan God nie vir ons die volledige plan vir ons lewens gee nie. As Hy het, sou dit nie nodig wees om in geloof te leef en Hom te vertrou nie! God wil eerder met ons praat deur sy Woord en die betroubare volgelinge van Christus in ons lewens om ons te help met die volgende ding — een tree op 'n slag. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God’s Plan For Your Life

Wat is God se plan vir jou lewe? Dit is een van die mees algemene vrae wat ons almal as volgelinge van Christus het. Maar as ons eerlik is, kan die idee van God se plan vir ons lewens 'n bietjie oorweldigend wees. Tydens...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid