Leesplan inligting

God Se Plan Vir Jou LeweVoorbeeld

God’s Plan For Your Life

DAG 3 VAN 6

Hoe ontdek jy God se plan vir jou lewe? 



As jy al ooit aan 'n wedloop deelgeneem het, sal jy weet dit is belangrik om teen die regte pas te hardloop. As jy te stadig hardloop, sal jy maklik agter raak en kan mense jou verbygaan. Aan die ander kant, as jy te vinnig hardloop, kan jy dalk voor die einde uitgeput raak en nie genoeg krag hê om die wedloop te voltooi nie. 



Om die regte tempo te kry wanneer jy aan 'n wedloop deelneem, kan 'n uitdaging wees. Wanneer dit by ons Christelike lewe kom, het ons gelukkig iemand wat die pas vir ons aangee. 



Galasiërs 5:25 sê: " Ons lewe deur die Gees; laat die Gees ook nou ons gedrag bepaal." 



Indien ons veronderstel is om die Gees ons gedrag te laat bepaal, beteken dit dat die Heilige Gees die pas vir die wedloop aangee. Ons moet nie agter raak of vooruit hardloop nie — ons is veronderstel om tred te hou.



As ons met die Gees tred hou, sal Hy vir ons wysheid en onderskeidingsvermoë gee wat ons in ons besluite sal lei. Spreuke 3:6 sê dat die Here jou die regte pad sal laat loop as jy Hom ken in alles wat jy doen.



Reg, dit klink alles goed in teorie, maar hoe lyk dit prakties as die Gees ons gedrag bepaal?



Hier is drie maniere om mee te begin:



1.) Soek God in sy Woord. Omdat jy hierdie Bybelleesplan in die Bybeltoep lees, is jy duidelik reeds besig om dit te doen! Maak dit 'n gewoonte om elke dag die Woord van God te lees. Daar is baie verskillende Bybelleesplanne wat jy kan volg. Indien jy voel dat jy verantwoordbaar gehou moet word, lees die leesplan dan saam met 'n groepie mense!



2.) Bid gereeld. Moenie dat die idee van gebed jou intimideer nie. Gebed is eenvoudig 'n gesprek met God. Jy praat met Hom en dan luister jy na Hom. As jou aandag maklik afgetrek word (dit gebeur met ons almal) kan dit dalk sinvol wees om die Notatoep op jou selfoon oop te maak en neer te skryf waaroor jy wil bid. 



3.) Bly in die gemeenskap van gelowiges. As jy wil toelaat dat die Gees jou gedrag bepaal, moet jy tussen ander Christene wees wat dieselfde glo as jy. Die beste manier om dit reg te kry, is om deurlopend by jou selgroep of ander kleingroep betrokke te wees en om gereeld kerk toe te gaan. Dis selfs nog beter as jy iewers by jou kerk in die bediening kan betrokke raak. Jy sal nuwe mense ontmoet en dieper vriendskappe met ander gelowiges ontwikkel. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God’s Plan For Your Life

Wat is God se plan vir jou lewe? Dit is een van die mees algemene vrae wat ons almal as volgelinge van Christus het. Maar as ons eerlik is, kan die idee van God se plan vir ons lewens 'n bietjie oorweldigend wees. Tydens...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid