Leesplan inligting

Die Belangrikheid Van Die Ondervinding: Die OorlewingsgidsVoorbeeld

The Importance Of The Experience: The Survivors Guide

DAG 7 VAN 7

Uiteindelik Vry


Ek hoop regtig dat hierdie reeks jou geseën het! Ek hoop dat jy die belangrikheid van die belewenis verstaan het. Ek hoop jy begryp dat swaarkry deur verheffing opgevolg word. Ek hoop dat jy op die punt gekom het om te aanvaar wat plaasgevind het, omdat jy dit neergelê het en dit vir God teruggegee het. 


Noudat jy besef hoekom jy moet vergewe, is daar egter nog iets waarna ons moet kyk …


Noudat jy daarvan ontslae geraak het, waarmee gaan jy dit vervang?


Ek het 'n openbaring op my reis ontvang. Ek het begin verstaan dat jy net jouself vir 'n rukkie kan jammer kry voordat dit 'n gewoonte word om so te voel of te dink. Jy moet dit oorkom en aanbeweeg. Probeer weer. Leef weer. Hê weer lief. 


Dit hang van jou af! Ons het nou die verantwoordelikheid om die begeertes vir genesing en verbetering, in dade om te sit. Watter plan gaan ons in werking stel sodat die reis na "volkome genesing" kan begin?  Die Woord van God is een van die effektiefste maniere om genesing te ontvang en 'n nuwe denkwyse te vestig. Daar is eerlikwaar niks beter nie! 


Daar is ontelbare maniere om die Woord van God te leer ken en dit deel van jou lewe te maak. 'n Atleet wat 'n maraton gaan hardloop, sal nooit voorbereid wees as hy of sy nie 'n gebalanseerde dieet en oefenprogram volg, stamina bou en tussen-in rus om te herstel nie. 


Dieselfde geld vir gelowiges. Ons sal altyd moeg word en by God kla oor swaarkry as ons nie daarop voorbereid is nie en nie verstaan hoe betekenisvol en nodig dit is nie. As ons egter toepas wat ons uit hierdie oordenking geleer het, sal ons besef, noudat ons bevry is, sal ons oorwinning versterk word as ons elke dag konsekwent optree.


Vandag staan ek saam met jou en maak 'n keuse om in oorwinning te leef. Om in genade, kop omhoog, voort te gaan! Ons raak ontslae van die ou gewoontes en vestings van ons verlede. 


Genoeg is genoeg! Ons is uiteindelik vry! 


Verklaring


"Ek is goed genoeg. Ek is nie onherstelbaar geskend nie. Ek is 'n oorwinnaar. Ek is die kop en nie die stert nie. Ek is bo en nie onder nie. Ek sien myself nou soos Hy my sien. Ek sal myself nou liefhê, soos Hy my liefhet. God is altyd by my. Ek wen. Ek is vry."


 


"Die pragtigste blom het bemesting nodig om te groei."Becca Folkes.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Importance Of The Experience: The Survivors Guide

Ons lewe vir 'n God wat nie skaam is vir wie ons is nie, of die dinge waardeur ons is nie. Daar is sommige situasies wat jou so kan laat voel. Hierdie oordenking is vir jou, of jy nou seksueel, fisiek, emosioneel of gees...

More

Baie dankie aan "2BRealMedia Ltd" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.beccafolkes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid