Leesplan inligting

Die Belangrikheid Van Die Ondervinding: Die OorlewingsgidsVoorbeeld

The Importance Of The Experience: The Survivors Guide

DAG 6 VAN 7

Vergifnis — Deel 2


Jy sal nie meer sleg voel oor die dinge wat jy deurgemaak het nie. Ek bid dat jy hulle as die treë op jou pad sal sien om die man of vrou te wees wat God vir jou bedoel het om te wees.


Kry dit uit jou gestel uit!


Wanneer ons 'n kossoort eet wat nie met ons liggame akkordeer nie, vind dit 'n manier om daarvan ontslae te raak. Ek wil hê jy moet dieselfde beeld in gedagte hou as jy oor die moeilike dinge praat waardeur jy gegaan het. Die dinge wat jou elke keer laat huil as jy daaraan dink. 


Om sake te bespreek is baie kragtig en bevorderlik vir jou om in krag en wysheid te groei. Moet dit nie as 'n teken van swakheid sien as jy openhartig met ander mense is nie. Sien dit as 'n manier om jouself en ook ander wat dit nodig het, te bemagtig. 


Dit was nie vir Paulus nodig om melding te maak van die doring in sy vlees nie, maar hy het geweet watter krag met so 'n eerlike belydenis gepaardgaan. Moenie geïntimideer voel wanneer jy die waarheid praat nie! Van die oomblik af wat jy dit openbaar, kan God jou begin vul soos Hy vir my gedoen het!


Verklaring


Ek vat die mag oor my lewe terug! Terwyl ek dit sê, bevry ek nie net myself nie, maar ook ander mense. Ek blaas die vuur van my doel op aarde aan en begin 'n nuwe hoofstuk in my lewe.


Becca se Lewensles


Wat jy vandag laat vaar, kan môre iemand anders help genees. In ons uur van swakheid is Hy ons sterkte. Word 'n steunpilaar vir iemand, deur jou verhaal te gebruik om ander mense te versterk.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Importance Of The Experience: The Survivors Guide

Ons lewe vir 'n God wat nie skaam is vir wie ons is nie, of die dinge waardeur ons is nie. Daar is sommige situasies wat jou so kan laat voel. Hierdie oordenking is vir jou, of jy nou seksueel, fisiek, emosioneel of gees...

More

Baie dankie aan "2BRealMedia Ltd" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.beccafolkes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid