Leesplan inligting

Die Belangrikheid Van Die Ondervinding: Die OorlewingsgidsVoorbeeld

The Importance Of The Experience: The Survivors Guide

DAG 5 VAN 7

Vergifnis — Deel 1 


Ek wil vir jou 'n paar wenke gee wat jy op jou pad na vergifnis kan gebruik. Ek glo dat daar 'n deurbraak op jou wag, en dié wenke kan jou help om iemand te vergewe wat jou seergemaak het of jou help om jouself te vergewe!


Erken dat daar 'n storm in jou lewe is en aanvaar hoe dit jou beïnvloed.


Ek kan niks verander aan die feit dat ek gemolesteer is nie. Ek kan nie die feit verander dit dit tot jare van woede, aggressie en gemeenheid gelei het nie. Ek kan nie die feit verander dat ek amper 10 jaar lank daaroor stilgebly het nie, maar ek kan aanvaar dat dit gebeur het. 


Dit is nie sodat ek kan ly as gevolg van die herinneringe en die wonde nie, maar sodat ek sterkte en innerlike krag kan ontwikkel. Elke belewenis het 'n waardevolle les ingehou. Dit het gehelp om my te bring tot waar ek nou is. Ek kies om te vergewe. Jy kan ook.


Verklaring


"Vader, gee my die genade om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie, die moed om die dinge te verander wat ek kán en die wysheid om die verskil tussen die twee te onderskei" — Reinhold Niebuhr.


Becca se Lewensles


Vergifnis is 'n keuse. Ek weet jy het goeie redes om ontsteld, woedend en vol wraakgedagtes te bly. Jou gevoelens is geregverdig. Hoe sal God egter deur jou die eer kry, as jy nie 'n kanaal vir Hom word nie, as jy nie wil vergewe nie? Die vuurproef kom nie om jou te oorweldig nie, maar om jou te verbeter en God se heerlikheid deur jou ten toon te stel!


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Importance Of The Experience: The Survivors Guide

Ons lewe vir 'n God wat nie skaam is vir wie ons is nie, of die dinge waardeur ons is nie. Daar is sommige situasies wat jou so kan laat voel. Hierdie oordenking is vir jou, of jy nou seksueel, fisiek, emosioneel of gees...

More

Baie dankie aan "2BRealMedia Ltd" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.beccafolkes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid