Leesplan inligting

Die Belangrikheid Van Die Ondervinding: Die OorlewingsgidsVoorbeeld

The Importance Of The Experience: The Survivors Guide

DAG 2 VAN 7

Swaarkry Voor Verheffing


Hoe meer dit tot my deurgedring het dat ek verskriklike dinge ervaar het, hoe meer het ek die beperkende, dog kragtige vraag gevra. 


Hoekom? 


Soos 'n kind wat aanhoudend dieselfde vraag vra, het ek meedoënloos bly vra, omdat ek gesukkel het om die rede te verstaan van party dinge waardeur ek gegaan het.


Net soos arme Josef, het ek as jong kind drome gedroom en aan my ma se rokspante vasgehou. Tog, reg onder my ouers se neuse het ek egter een van die moeilikste reise van my lewe begin. Ek noem dit "van beproewing tot oorwinning". 


Al is hierdie verhaal nie presies dieselfde nie, glo ek dat ons nogtans iets uit Josef se reis kan leer. Die guns wat Josef van sy pa geniet het, het sy broers baie jaloers gemaak. 


Dit was so erg, dat hulle hom ontvoer, verkoop en toe 'n leuen oor sy sogenaamde dood vertel het. Om dood te maak, te steel en te vernietig, is die vyand se aksieplan! Die proses is deel van jou doel. Wat jy deurgemaak het, en wat Josef moes deurmaak, maak van jou 'n tasbare bewys aan ander mense dat hulle ook oorwinning kan ervaar. Tevredenheid gebeur eers wanneer ons besef dat Jesus gekom het om vir ons lewe te gee, 'n oorvloediger lewe. 


Die Satan se doel is om elke goeie ding van ons af weg te raap. Sodra jy egter besluit om 'n oorwinnings lewe te lei, kan jy bo uitkom. Toe ek eers besluit het om te wen, het ek. Ek het al my "hoekoms" laat vaar en vir God ruimte gegee om die proses van versoening en vrede te begin. 


Om vrede te maak met die onrus wat ek moes verduur, die reis van swaarkry na verheffing, kon ek nie daaroor tob of dit my skuld was en of ek dalk enigiets kon doen om dit te verander nie. Dit gaan daaroor om te erken dat God dit wat jou probeer breek het, sal gebruik om jou te verhef.  


Deur gebed, berading en openhartigheid, sal daardie oomblikke onthul vir wat hulle regtig is; die treë wat jou na genesing lei. 


Becca se Lewensles


Verheffing het na die swaarkry gekom. Eers as ons anderkant uitkom verstaan ons regtig hoekom dit gebeur het. Probeer egter om altyd 'n gesindheid van dankbaarheid te handhaaf terwyl jy swaarkry. Dank God ten spyte van die omstandighede waarin jy is. Jy het nou dalk baie vrae, maar dit sal nie vir ewig so wees nie.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Importance Of The Experience: The Survivors Guide

Ons lewe vir 'n God wat nie skaam is vir wie ons is nie, of die dinge waardeur ons is nie. Daar is sommige situasies wat jou so kan laat voel. Hierdie oordenking is vir jou, of jy nou seksueel, fisiek, emosioneel of gees...

More

Baie dankie aan "2BRealMedia Ltd" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.beccafolkes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid