Leesplan inligting

Die Belangrikheid Van Die Ondervinding: Die OorlewingsgidsVoorbeeld

The Importance Of The Experience: The Survivors Guide

DAG 3 VAN 7

Hoe Om Te Verduur en Te Aanvaar


Nadat ek vir God die "hoekom" vrae gevra en oor my woede en gegriefheid gekom het, moes ek begin verstaan dat ek nie langer aan daardie diep gevoel van "onvergewinsgesindheid" kon vashou teenoor dié mense wat my seergemaak het nie. 


Ek het nie gevra om gemolesteer te word nie. Ek het ook nie gevra vir die herinneringe en seerkry wat daarmee gepaard gegaan het nie. Ek was maar net drie jaar oud. Ek kon dit nie ongedaan maak nie. Ek het ook geleer dat ek daarmee moes vrede maak. 


Jy moet ook dieselfde doen. 


Waaraan klou jy nog vas terwyl God jou uitdaag om te aanvaar en te laat vaar?


Daar is een spesifieke man wat 'n goeie voorbeeld van uithouvermoë en lankmoedigheid is. Ook geduld en getrouheid. 


God het toegelaat dat die vyand in Job se lewe verwoesting saai. Hy het alles verloor. Sy oes is verwoes en sy diere is dood. Sy kinders het gesterf en hy het siek geword. Ek kan onomwonde sê ek dink nie ek sou kon verduur wat Job verduur het — en God nog prys nie. 


Ek het gesukkel om vir God te gee wat Hom toekom, terwyl ek so hard geprobeer het om die herinneringe te vergeet wat ek moes verwerk. Jy weet ook seker hoe dit voel. Ons is almal bekend met die Skrifgedeelte "Al sou God my doodmaak, ek kan nie wag nie, ek moet my saak vir Hom stel", want ons weet daar sal omstandighede en uitdagings in die lewe wees waardeur ons nie wil gaan nie, maar wat ons moet verduur. 


Ongeag die uitdagende omstandighede waarin Job hom bevind het, het hy God nooit vervloek nie. Om daardie rede inspireer hy my!  In Job 1:21-22 sien ons 'n man wat in aanbidding op sy knieë val. Ondanks die feit dat hy midde-in 'n verskriklike situasie was, het hy God nooit vervloek nie! Hy het nooit sy humeur verloor nie. Job het nie met woorde gesondig nie. 


Hy het die belangrikheid verstaan van die storm waarin hy was en hoe sy woorde hom kon doodmaak of daardeur dra (Spreuke 18:21).


Becca se Lewensles


Waardeur jy ook al gaan, moenie met jou woorde onverskillig wees nie. Die tong het mag oor dood en lewe. Die lewe handel daaroor om van genade tot genade te groei. Job het dit verstaan en volgens die beloftes van God sy lewe gelei. Maak seker dat jou geloof nie wankel terwyl jy gereed maak om in 'n nuwe tydperk van merkwaardige deurbrake en guns in te gaan nie. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Importance Of The Experience: The Survivors Guide

Ons lewe vir 'n God wat nie skaam is vir wie ons is nie, of die dinge waardeur ons is nie. Daar is sommige situasies wat jou so kan laat voel. Hierdie oordenking is vir jou, of jy nou seksueel, fisiek, emosioneel of gees...

More

Baie dankie aan "2BRealMedia Ltd" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.beccafolkes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid