Leesplan inligting

Volharding saam met Job: Sewe Dae van HoopVoorbeeld

Enduring With Job: 7 Days Of Hope

DAG 5 VAN 7

Die nuus van Job se rampe het uiteindelik by sy ander vriende Elifas, Bildad, en Sofar uitgekom. Toe hulle van hul vriend se moeilikheid hoor, het hulle dadelik na hom toe gegaan.



Toe hulle hom op 'n afstand sien, het hulle Job nie eens herken nie. Voorheen 'n man van status, is Job nou vol bloed en kneusplekke en sit hy op 'n ashoop. Sy vriende is gebroke deur wat hulle sien en rou oor hom soos oor iemand wat gesterf het.



In 'n kragtige gebaar van medelye gaan sit sy drie vriende vir sewe dae in stilte langs hom. Hulle sien dat sy smart meer is as wat in woorde uitgedruk kan word en gee vir hom wat hulle kan: hul teenwoordigheid.



Dit is een van die belangrikste lesse oor hoe om iemand in hul lyding te nader. Persoonlik vind ek dit moeilik om iemand te vertroos wat 'n verskriklike verlies beleef. Wat kan ons sê of doen om die situasie te verander of die pyn te verlig?



Die antwoord word duidelik deur wat die drie vriende gedoen het. Hulle sal mettertyd hulle idees en woorde van vertroosting bied, hulle sal selfs met hul vriend stry, maar hul heel eerste reaksie is om net te wag. Job se vriende het nie probeer om hom of die situasie reg te maak nie. Hulle het eenvoudig by hom gesit en saam met hom getreur.



Twee dinge om op te let: Eerstens, wanneer ons voel dat ons iemand moet troos, onthou die voorbeeld wat Job se vriende gestel het. Dikwels sal ons teenwoordigheid baie meer vertroosting bied as enigiets wat ons kan sê of doen. Om saam met iemand te treur kan die moeilikste en nuttigste ding wees wat ons kan doen.



Tweedens, wanneer ons deur lyding gaan, is ons geneig om van die wêreld weg te skram. Ons wil ons ongeluk om die een of ander rede wegsteek. Moenie. Die vinnigste manier om genesing te vind, is nie om alleen te probeer gesond word nie, maar eerder om die mense wat jy vertrou, op te soek wat eenvoudig saam met jou teenwoordig sal wees. 






Boodskap om weg te neem: Die teenwoordigheid van ander is 'n geskenk van God.



Gebed: Vader, ek wil nie ly of aan smart onderwerp word nie. Gebruik my nogtans om diegene wat in pyn is te help en wanneer ek seer het, maak my hart sag sodat ek ander sal toelaat om my by te staan.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Enduring With Job: 7 Days Of Hope

Lyding is die een belewenis wat die mensdom verbind. Hoekom bestaan dit? Wat is die doel? Net soos baie van ons, het Job nie die geweldige pyn in sy lewe verdien nie. Dit was op sy laagste punt wat God opgedaag het om di...

More

Ons wil graag dankie sê vir Faithspring wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.ramosauthor.com/books

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid