Leesplan inligting

Volharding saam met Job: Sewe Dae van HoopVoorbeeld

Enduring With Job: 7 Days Of Hope

DAG 4 VAN 7

Job het die eerste toets geslaag. Hy het God as reg bewys, sy hart is rein en hy het God om die regte redes lief – nie net vir sy seëninge nie. Die Satan is natuurlik nie met hierdie resultaat gelukkig nie.



Tydens 'n tweede ontmoeting vra die Satan vir God om 'n tree verder te gaan. Hierdie keer wil hy hê dat Job 'n ander soort pyn moet beleef: siekte. Dus, waar die eerste rondte van moeilikhede rondom Job plaasgevind het, gaan die volgende letterlik aan hom gebeur.



God stem in en ons sien in die volgende toneel dat Job met pynlike sere van kop tot tone getref word. Dit maak elke beweging uiters pynlik, dit is selfs seer wanneer hy slaap. Die gemeenskap het hom waarskynlik as 'n uitgeworpene begin vermy omdat hulle vir hom geskrik het. Job het selfs op 'n ashoop gaan sit waar hy om verligting, homself met 'n potskerf gekrap het.



Teen hierdie tyd kom Job se vrou op die toneel en smeek sy hom om sy lyding te beëindig. Volgens haar is sy enigste opsie nou om te sterf. Selfs op Job se laagtepunt, sondig hy egter nie.



'n Paar jaar gelede het ek die ergste fisieke pyn ervaar wat ek nog ooit beleef het. Ek het onwetend maagsere gekry en in die nag het een gebars. Ek het wakker geskrik met bloed in my mond en die seerste skietpyn in my sy. Ek het die volgende vier ure opgegooi en was daarna vir drie dae in die hospitaal.



Fisieke pyn is geneig om ons vinniger verby ons perke te druk as enige ander soort lyding. God het toegelaat dat Job hierdie soort pyn ervaar. Hy het toegelaat dat een van die ergste dinge wat met 'n mens kan gebeur, met sy geliefde dienaar gebeur.



Hierin lê 'n kragtige waarheid: God laat beide die goeie en moeilikhede in ons lewens toe. Wat is vertroostend hieraan? 



Ek glo dat die hoofstuk oor Job geskryf is om ons ongemaklik te laat voel. Die God van die Bybel is in soveel opsigte groter as ons: in heerlikheid en krag en wysheid. Ook op skrikwekkende maniere. Hy is nie soos ons nie. Hy hoef nie 'n reeks reëls te volg nie, want Hy het die reëls geskryf. Hy hoef aan niemand verantwoording te doen nie. 



Moenie tevrede wees met 'n ander begrip van wie God is nie. Hy is skrikwekkend, maar Hy is goed.






Boodskap om weg te neem: 'n Veilige begrip van God is 'n klein begrip van God.



Gebed: Almagtige Vader, ek is nietig voor U. Tog mag ek U ken, net omdat U 'n weg daarvoor vir my gemaak het. Help my om U beter te leer ken, selfs die dele waarvoor ek bang is.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Enduring With Job: 7 Days Of Hope

Lyding is die een belewenis wat die mensdom verbind. Hoekom bestaan dit? Wat is die doel? Net soos baie van ons, het Job nie die geweldige pyn in sy lewe verdien nie. Dit was op sy laagste punt wat God opgedaag het om di...

More

Ons wil graag dankie sê vir Faithspring wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.ramosauthor.com/books

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid