Leesplan inligting

Volharding saam met Job: Sewe Dae van HoopVoorbeeld

Enduring With Job: 7 Days Of Hope

DAG 3 VAN 7

In een geweldige aanslag word Job se lewe vir altyd verander. 'n Reeks van vier aaklige gebeurtenisse vind byna tegelykertyd plaas en uit elkeen is daar slegs een oorlewende om die slegte nuus te bring.



Eerste word al die osse en donkies gesteel. 'n Duur ervaring, maar dit kan hanteer word. Tweedens het weerlig 'n groot trop kleinvee en hul wagters doodgeslaan en verbrand. Derdens word Job weer beroof, hierdie keer is die kamele gesteel en slawe doodgemaak.



Al hierdie verliese is egter klein in vergelyking met die laaste ramp. Die laaste slaaf wat opdaag, bring die slegste nuus. Job se kinders was almal bymekaar, besig om wyn te drink en te eet, toe 'n sterk rukwind die huis van alle kante tref, die huis op hulle omwaai en almal is dood. 



Binne een dag het Job al sy besittings, sy lewensonderhoud en sy gesin verloor. 



Job het verpletterd op die grond gaan lê en uitgeroep: “Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here” Job 1:21.



Deur al hierdie rampe het Job nie gesondig nie. Tot op hierdie punt het hy geweier om heeltemal vernietig te word. Hy vertrou God en sien in elke geleentheid God se oppermag. Hy kon die mense blameer het wat hom kwaad aangedoen het, die bose, of enigiets – maar hy het nie. Sy eerste reaksie was om tot God te nader.



Ek hou baie van sy reaksie, maar vir my is dit ook 'n groot uitdaging, want dis nie hoe ek op pyn reageer nie. Ek tree presies die teenoorgestelde as Job op wanneer slegte dinge met my gebeur – ek blameer mense, omstandighede, myself. Ek is angstig en bekommerd wanneer dinge nie volgens plan verloop nie, my gebede is senuagtig, in plaas daarvan om God te loof en prys.



Job kon op sy manier reageer omdat hy God anders as ons waargeneem het. Vir hom was God — GROOT. Dit was nooit vir hom 'n vraag wie toegelaat het dat hierdie dinge gebeur nie, hy sê dadelik: "Die Here het gegee en die Here het geneem." Sien ons God as so groot? Vertrou ons werklik daarop dat God in elke situasie betrokke is?



Ons sal nog sien, alles wat Job oor God glo, gaan uitgedaag word. Selfs sy geloof. Ek glo dat die enigste manier vir ons om te groei, is wanneer ons geloof in God uitgedaag word.






Boodskap om weg te neem: Hoe groot glo ek is God?



Gebed: Vader, U is groter as wat my denke ooit sal kan begryp. Help my in my ongeloof.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Enduring With Job: 7 Days Of Hope

Lyding is die een belewenis wat die mensdom verbind. Hoekom bestaan dit? Wat is die doel? Net soos baie van ons, het Job nie die geweldige pyn in sy lewe verdien nie. Dit was op sy laagste punt wat God opgedaag het om di...

More

Ons wil graag dankie sê vir Faithspring wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.ramosauthor.com/books

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid