Leesplan inligting

Volharding saam met Job: Sewe Dae van HoopVoorbeeld

Enduring With Job: 7 Days Of Hope

DAG 1 VAN 7

Ons word tydens 'n hoogtepunt in sy lewe aan Job voorgestel. Job was 'n man van God wat regverdig geleef het, die regte besluite geneem het en vir sy goeie dade beloon is.



Hy was ook 'n ryk man op verskeie maniere. Die Bybel brei uit oor die grootte van sy familie (10 kinders) en die grootte van sy kuddes (duisende diere). 



"Hy was vroom en opreg, en het God gedien en die kwaad vermy" Job 1:1. Hy het elke oggend tyd afgestaan om vir God 'n brandoffer te bring ter reiniging van sy kinders.



Alles gaan tot dusver baie goed in sy verhaal, amper té goed.



Job is nie enige man nie, hy is glad nie soos ons nie. Hy is eintlik beter as ons almal. Hy het meer, is meer, en gee meer om. In moderne tye sou Job die een wees wat ekstra geld in die kollektebordjie gooi, die gemeentelid wees wat elke gebedsbyeenkoms bywoon, en altyd 'n vrywilliger wees. Hy sou verhale vertel van God se voorsiening in sy onderneming en God se beskerming op eksotiese sendingreise.



Hy is die persoon soos wie ons moet streef om te wees, en die persoon wat ons beny omdat hy alles het. Hy sou ons groen van jaloesie maak met sy verhale oor hoe God in sy lewe werk.



Al hierdie dinge maak die moeilikheid wat kom egter soveel erger. Moeilikheid het agter hom aangekom omdat hy met sy opregte lewe kop en skouers bo almal uitgetroon het. Die Satan het juis vir Job gekies omdat hy regverdig voor God gelewe het. Dit was egter nie te danke daaraan nie, soos die meeste van ons wil glo.



Die goedheid van Job is 'n duidelike boodskap dat goedheid alleen nie genoeg is om ons teen probleme te beskerm nie. Job het alles gehad en was in elke opsig beter as die normale mens op elke moontlike gebied. 



Niemand kon egter voorkom wat volgende gebeur het nie. Ons gaan binnekort sien hoe onregverdig die lewe, en selfs God, kan wees. 






Boodskap om weg te neem: Om goed te wees voorkom nie dat pyn jou lewe binnekom nie.



Gebed: Liewe Vader, help my om deur Job se verhaal meer oor U te leer en dat ek kan glo U is by my in my pyn. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Enduring With Job: 7 Days Of Hope

Lyding is die een belewenis wat die mensdom verbind. Hoekom bestaan dit? Wat is die doel? Net soos baie van ons, het Job nie die geweldige pyn in sy lewe verdien nie. Dit was op sy laagste punt wat God opgedaag het om di...

More

Ons wil graag dankie sê vir Faithspring wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.ramosauthor.com/books

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid